Monday, December 7, 2009

Dankseggings diens Donvale Christian College

Die skool het laasweek Dinsdag 'n Dankseggings diens gehad by Monash Universiteit. Die diens het so half agt die aand begin en het eers so na tienuur geeindig. Aangesien dit ons eerste keer was wat ons die diens bywoon het ons nie regtig geweet hoe lank dit vat of presies wat hulle doen nie, so ons het nie voor die tyd ge-eet nie. Clarissa moes ook vroeg daar wees, sy het in die Gr6 sanggroep opgetree en moes reeds om half sewe die aand aanmeld. Die hele saal was volgepak gewees en baie kinders is die lof toegewens. Die Gr12's wat alreeds klaar was met hulle eksamens en skool wat die ere gaste vir die aand gewees. Hulle "graduation" seremonie was dan ook dieselfde tyd gewees, en dit was interesant gewees om te sien hoe die kinders in hulle hordes opgedaag het vir die geleentheid. Die hoeveelheid talent wat die kinders ook het is so goed uitgebeeld deur kunste, sang, drama en musiek.
Die Gr6 jaar en die Gr12 jaar was offisieel aan die res van die ouers bekend gestel, die Gr6se maak nou klaar met die laerskool en die Gr12's maar klaar met skool. Dit is amazing die gevoel as jy jou kind daar sien. Die kinders is toegesing en daar is 'n gebed aan hulle opgedra. Die hele skool se onderwysers, dis nou die laerskool en die hoerskool, was op die verhoog en het vir die ouers gesing waarna daar ook aan hulle 'n gebed opgedra is.
Ons het daardie aand half elf maar toe by McDonalds gestop en burgers vir aandete gehad. Dit klink toe ook of die anders ouers ook maar by McDonalds gestop het so ons waas nie alleen nie.

No comments:

Post a Comment