Thursday, December 17, 2009

Healesville Sanctuary



Noudat die skole gesluit het vat ons die kinders na verskillende plekke net om ons sanity te bewaar anders sal ons heeltemal koekoes gaan. Ons het besluit om hulle Dinsdag na die Healesville Sanctuary toe te vat. Dit is omtrent so 'n uur se ry van die huis af meer na die binneland toe. Die pad soontoe is ongelooflik mooi, jy ry weereens by vreeslik baie wynplases verby. Dit is 'n tipiese plantelandse dorpie met baie besieningswaardighede.

Binne in die dieretuin is daar verskillende soorte diere naamlik die Kangaroo's, Koalas asook slange, Emu's asook 'n klomp roofvoels. Ons het die hele dag hier rondgeloop en na die verskillende diere gekyk. By die Kangaroo's kon die kinders hulle voer en ook aan hulle vat. Hulle hou net nie daarvan om aan die kop gevat te word nie, jy kan die rug streel. Die Kangaroo baba bly in die ma se pouch vir so nege maande, maar is nog afhanklik vir melk van haar tot die so 17 maande oud is. Die Kangaroo's kan so drie baba's op 'n slag kry, maar die snaakse hiervan is hulle ontwikkel nie saam. Die een sal net uit die pouch wees, die tweede een sal dan begin groei in die pouch en die derde een sal in embrio stadium stil staan tot die tweede een dan die pouch sal verlaat, en dan eers begin ontwikkel.

Die Koalas slaap omtrent 20 ure van die dag en eet so 'n kilogram se blare waardeur hulle ook water inneem. Hulle het ook 'n pouch voor waarin die baba dan kruip na geboorte. Daar sal die baba bly en melk drink tot so ses maande.

Die eerste foto is die Kangaroo's met die baba in die pouch
Die tweede foto waar die kinders die kangaroos voer
Die derde foto is van 'n koala beer
Die vierde foto is ons klomp by die ingang van die dieretuin

No comments:

Post a Comment