Monday, December 7, 2009

Docklands parade





Hier op die parade by Docklands is daar 'n mark oor die naweek. Die uitstallings lyk maar meestal na handgemaakte produkte en dan ook jou oudhede. Die Docklands was eers 'n ou hawe met fabrieke wat omskep is in die Docklands en die ontwikkeling behoort 2011 heeltemal klaar te wees. Hier is restaurante, koffie winkels, winkelsentrums, asook kantoor blokke en woonstelle.
Hier sit Christiaan voor 'n droomkar (volgens hom) en die spoegies loop oor wat hy sien. Ja tipies seun, droom oor karre en dink partykeer ook hy weet meer as sy Pa.
Die mense is hier baie lief vir die buitelug, en daar word lekker rondgestap met die kinders in tou die heeldag. Hier lyk dit vir my is elke tweede vrou swanger en het 'n klomp kinders want al wat jy sien is stootwaentjies met tenminste drie kinders in lyn.


No comments:

Post a Comment