Sunday, December 13, 2009

Clarissa se graduation Yr6


Dit was Clarissa se graduation die week gewees. Hier het die kinders in die laerskool ook 'n tipiese afskeid soos die matrieks in Suid Afrika. Dit word eintlik baie goed bestuur in die sin van ouers wat betrokke is en die kinders het aktiwiteite wat hulle besig hou in die drie ure wat hulle daar is. Ons het die saal gaan decorate vir hulle, die tafels gedek en alles is mooi in silver, swart en wit opgemaak. Die meisies moes rokkies dra en die seuns toeknoop hempde. Wat jy vir jou kind koop of maak is jou keuse, maar dit lyk nie of die ouens uitspattig gaan hier vir die kinders nie. Party maak self rokkies en ander gaan koop dit.
Ons het die aand die plegtigheid bygewoon waar hulle hul sertifikate ontvang het vir die jaar en wat se dat hulle nou na Yr7 bevorder word. Hulle het ook "graduation pack" ontvang waarin hulle jaarfoto's in is asook klas foto. Dit het nou 'n nice gevoel verleen aan die geleentheid deur dit so offisieel te maak.
Die ouers is toe huistoe en die kinders het agter gebly vir 'n aansit ete asook dan 'n dans en speletjies. Dit was 'n groot sukses, en toe Alex daar aankom tien voor tien die aand is die ouers nader gegryp vir 'n dans met die kinders. Almal was pootuit, maar 'n groot sukses. Die volgende dag het die kinders darem net video's en speletjies by die skool gehad, en die wat nog moeg was kon 'n bietjie insluimer met die onderwysers se toestemming.
Wat ek nogal opgeval het is die hoeveelheid manspersoneel in die laerskool. Daar is van die Yr1-5 soveel manspersoneel dat hulle tenminste die helfte van die getalle opmaak. Dis verblydend om te sien die impak wat hulle op die kinders het. In Suid Afrika sien jy dit nie meer sommer nie, en die meeste mans personeel is of in die senoir fase van die laerskool of andersins net die hoerskool.

No comments:

Post a Comment