Friday, December 18, 2009

Carols by Candle light



Gisteraand het ons die Carols by Candlelight bygewoon wat deur die Manningham stadsraad aangebied was. Dit is in 'n publieke park aangebied en daar was verseker duisende mense. Die verrigtinge het so 5 uur begin en het tot so na tien aangehou. Wat interresant was is die kos wat ons gekry het, alles verniet. Daar was "sausage sizzlers", spookasem en koeldrank wat gratis aan al die toeskouers gegee is. Jy kon natuurlik eet tot jy omval as jy wou, maar die meeste mense het darem maniere en dit was meer die kinders wat die toue vol gestaan het vir die lekkernye. Imagine dit in Suid Afrika waar daar by die Uniegebou se tuine 'n heerlike kers samesang gehou word en dat daar kos uitgedeel word, dit sal totale chaos heers en aan die einde van die opvoering sal daar nog klagtes wees omdat daar slegs aanmaak koeldrank was.

Dalk is ek maar net bevooroordeeld, maar dit was lekker om so rustig in die park te sit, na die musiek te luister en saam te sing. Dit was lekker want daar was 'n rustigheid onder die mense, niemand was meer luidrugtig as die volgende ou nie, en almal het 'n plekkie gekry sonder dat daar oproerigheid ontstaan het of dat daar van die oggend getou was om 'n plekkie te kry nie.

Na die laaste samesang was daar 'n vuurwerk vertoning met agtergrond musiek wat die hele vuurspel tot 'n klimaks gelei het, dit was beslis die hoogtepunt van die aand vir ons almal gewees.

Ons hoop om dit weer in 2010 te ervaar, dit was stunning gewees.




No comments:

Post a Comment