Thursday, December 17, 2009

Aquarena

Die weer is hier baie snaaks. Ek is nie seker of ek dit al gese het nie, maar hier in Melbourne kan jy vier seisoene in eendag kry, of nog beter, as jy nie van die weer jou wag vyftien minute dan verander die weer.
Die weer bou op hier, dis is koelerig vir 'n dag of twee dan begin die warmer word en skielik het jy een hengse warm dag. So was dit gewees dat gister heng warm was. Dit was 39 grade en die humiditeit was nog erger. Ons het die kinders toe maar na die Aquarena toe gevat so om die draai van die huis. Hier is 'n groot buitemuurse olimpiese grote swembad, 'n waterslide en dan ook binnehuise swembaddens.
Omdat hier redelik water skaarste in die land is het nie baie mense swembaddens nie en verder is hier redelike streng water beperkinge. Huidiglik is ons in 'n "3a" of so iets water beperking wat beteken ons mag net 155 liter per persoon per dag gebruik, jy mag nie jou kar was met 'n tuinslang en jy mag ook nie die gras natmaak nie. Plante kan net op sekere dae en sekere tye van die dag nat gemaak word. So as jy hier besluit om tuin te maak moet jy maar seker maak jy het plante wat aan droogte toestande gewoond is anders sal dit nie oorleef nie.

No comments:

Post a Comment