Tuesday, June 5, 2012

Huweliks herdenking

Ons ontmoeting het nie gepaard gegaan met Oscar genomineerde musiek, daar was ook geen gefladder van hartsnare oor daardie eerste oog kontak nie. Dit was so doodgewoon maar tog het dit verewig vas gesteek in ons koppe. Ons het ontmoet tydens een van ons munisipaliteit oudits in die laat tagtigs. Dit was die Boksburg Munisipaliteit oudit. Dit was een van daardie dae waar Oom Joop weer op sy stukke was en as die ou man eers omgekrap raak moet mens maar suutjies trap. Dit was in die dae toe die oudit firma nog Wiehahn Meyernell was voordat dit verander het na Prys Waterhuis oftewel Price Waterhouse. Ek was nie in 'n goeie bui, seker ek het weer 'n hoofpyn gehad en die begin van 'n nuwe oudit het weer gemaak dat alles in rep en roer was. Die mannetjie het Oom Joop omgekrap op sy eerste dag van die oudit en as oom Joop omgekrap raak het ons almal dit ontgeld. Later soos die oudit verloop uitgevind dit was tydens sy SDR eksamens dat Alex hom so omgekrap het. Soos die tyd aangestap het het ons mekaar beter leer ken en 21 jaar later baie gelukkig getroud. Ins ons oudit groep van daardie jaar was daar drie troues. Dit was ons, Madelein en Johan Geel, Gert en Sandra Labuschagne en Ronel Louw.