Thursday, September 24, 2009

Keep Smiling

If at times you fee you want to cry

And life seems such a trial

Above the clouds there is a bright blue sky

So make you tears a smile

As you travel on life’s way

With its many ups and downs

Remember it’s quite true to say

One smile is worth a dozen frowns

Among the world’s expensive things

A smile is very cheap

And when you give a smile away,

You get one back to keep.

Happiness comes at times to all

But sadness comes unbidden

And sometimes a few tears must fall

Among the laughter hidden.

So when friends have sadness on their face

And troubles round them piled

The world will seem a better place

And all because you smiled!

Author unknown

Laaste week in Sonnige SA

Hierdie week was soos 'n warrelwind. Alles het so vinnig en met groot spoed gebeur. Die huis is opgepak en ingepak binne die container. Daar was vrese dat alles nie binne in sou pas en soos die goed binne die container ingepak word het Alex al hoe meer begin worry. Die container is laat middag eers weg en die trailer moet nog ingepak word. Ons hoop maar alles pas in. Dit was met 'n sad gevoel dat ek die container sien wegry het en met die besef my hele lewe is in die container ingepak. Die huis was skielik leeg en net echo's het after gebly

Die kinders se skole het gesluit en dit was 'n tranedal volgens Alex by die skool. Clarissa het so hard gehuil die gesig was eintlik rooi. Die kinders het boekies skooltoe gevat sodat almal darem 'n briefie kon skryf vir hulle. Dit sal nou leesstof vir hulle wees op die vliegtuig. Die 2ling het saam met die maats gaan fliek. Daar was eers net 'n paar en skielik daag 'n gros kinders op. Hulle het almal UP gaan kyk en daarna na Milky Lane gegaan vir 'n milkshake. Die aand het hulle by Leandra se huis gekuier tot so 9uur. Met die afskeid het die kinders ook weer lekker gehuil. Partykeer sweep die kinders se emosies mekaar maar lekker op, maar dit is nodig vir hulle afskeid.

Ek het saam met 'n paar vriendinne gaan kuier by Irene melkplaas en heerlik gechat. Daar is maar min mense wat by die klompie kan kers vashou. Elkeen van hulle het in my lewe ingekom en geshape soos wat hy nou is. Sonder hulle vorentoe gaan dit maar moeilik wees vir my. Mis gaan ek hulle baie mis.

Dankie vir elkeen wat die die tyd saam met my gespandeer het dit word opreg waardeer, en my CIRCLE OF FRIENDS boekie gaan 'n ere plekke kry met julle almal se foto's in.