Thursday, December 31, 2009

Kingslake omgewing











The Black Saturday bushfires, were a series of bushfires that ignited or were burning across the Australian State of Victoria on and around Saturday 7 February 2009 during extreme bushfire-weather conditions, resulting in Australia's highest ever loss of life from a bushfire. 173 people died as a result of the fires and 414 were injured. As many as 400 individual fires were recorded on 7 February. Following the events of the 7th of February 2009, that date has since been referred to as Black Saturday

Hier bo is 'n klein synopsis van wat hier gebeur het. In Kingslake en omgewing het omtrent almal hulle huise verloor. Alles was en is letterlik afgebrand tot op die grond toe. Met ons rondryery die dag het ons nog gesien dat daar baie mense is wat nog in tente en selfs karavane bly. Die herbouings proses is nog aan die gang en sal sekerlik nog vir 'n baie lang tyd wees.

Die bome is nog steeds pikswart gebrand maar rondom die stam het daar groei begin intree, volgens wat ons gehoor het is die bome se wortels nie so erg beskadig nie, die dat hulle weer begin groei het. Op party plekke sien mens net die swart stompe van hemel hoe bome, die se wortels is so erg beskadig dat dit nie weer sal uitloop en groei nie. Dit is 'n ongelooflike prentjie om te sien as jy so die pas uitry na Kingslake en die rye of rye bome sien wat so verbrand het met die groen tusssen in. Wat nog erger is, is dat party van die veld brande deur mense veroorsaak is wat heeltemal buite beheer geraak het.

Sover ek kan onthou dink ek daar was oor die 2000 huise wat verwoes was en party klein dorpies was ook heeltemal verwoes.

Hier het ons so by 'n one horse huggie gestop (Hazeldene) en middag ete geniet. Die burgers is groter as 'n piering en die skyfies was so baie dat ons die helfte van dit gelos het. Ons is seker hulle het 'n hele 5kg pak aartapels gebruik vir ons ses, maar dit was eintlik baie lekker gewees. By die plek kry jy jou petrol, video, wegneem etes, groceries en jou gas. Hier is ook 'n "opshop" langs die winkel. 'n Opshop is eintlik "Oppurtunity" of beter bekend as pawnshop, en hier kry jy gewoonlik bargains, maar dit is 'n ander storie heeltemal op sy eie.

Die bruggie waaroor ons gery het so verwoes dat net een kar op 'n slag daaroor kan ry. Dit is met ou treinspoor balke reggemaak, en hoe lank dit gaan hou weet ek nie, maar dit is iets om te aanskou. Sonder die bruggie kan jy nie by die winkel uitkom nie, dit loop oor 'n riviertjie.

Ek moet se die mense in Australia het hulle harte en beursies vir die "victims" oopgemaak en daar is miljoene rande ingesamel vir die herbouing van huise en mense se menswees. Aangesien mense hier weggestap het net met die klere aan hulle lywe is donasies van klere en meubels en ander goed in oorvloed gegee. Besighede het ook miljoene bygedra en tot vandag toe kan jy sien dat indien iets tragies hier gebeur die mense nie huiwer om hulle harte en beursies oop te maak nie.

Saturday, December 19, 2009

Preston Mark















Hier in die omgewing rond is 'n paar markte waar jy na hartelus kan rondloop en alles en nog wat koop. Die Preston Mark is so twintig minute se ry van ons huis af, en dit laat my nogal dink aan die Oriental Plaza.

Hier is die mark ingedeel is so 3 areas, jou vars groente en vrugte, jou vars vleise en deli's en dan al die ander snuitery en klere.

Die vars vleis en deli mark gedeelte is nogal iets om aan gewoond te raak. Al die vleise en visse wat so uitgestal is in hulle stalletjies laat my skoon die rillings kry die oggend, maar ons beproef toe dit. Ons loop toe so van die een na die ander stalletjie en bekyk die pryse. Vleis is nie goedkoop hier nie, al is dit vleis wereld. Vir skaap betaal jy enige iets van $15 en meer, en vis is so van $13 en meer, gewoonlik meer. Om iets soos Gammon te kry moet jy dit vooraf bestel, dit is nie in die algemeen bekombaar nie. Dit vind ons toe uit nadat ons nerens Gammon kan kry vir Kersdag nie. Ons is ook gewoond om lekker boude of selfs heel stukke vleis te kry wat lekker gemarineer is in Suid Afrika, wel hier kry mens dit nie. Jy moet soek, van Coles tot Woolworths/Safeway (en nee dis nie ons tipe Woolies nie) en verder om so iets te kry. Die vleis snitte is nie soos wat ons gewoond is nie, dit is HEELTEMAL anders, maar jy raak daaraan gewoond.

Die deli afdeling was vir my die mees interresantste. Hier het ons by 'n deli vasgehaak en toe maar gevra (en lekker geproe) watter tipe worsie en koue vleise is nou wat. 'n Baie vriendelike verkoopsman het ons gehelp, soveel so dat ek verniet worsies gekry het om te probeer by die huis. Selfs Susan (die is al 17maande hier) was nogal impress met die ou se verkoops vernuf.

Die vis in die mark het ek heeltemal geskip, my maag was net nie sterk genoeg vir al die reuke wat dit gekry het nie. Ek moet net se hier is 'n verskeidenheid van "Butchers", by die bedoel ek nou jou Asiers, Russe, Hongare ens. Wat nog meer die maag omgekrap het is die koppe en al die ander goed wat so in die vertoon vensters gele en wag het. Ek gril sommer van vooraf . . . . .

Die groente mark is kleurvol en dit ruik soet as jy so van die een na die ander een stap. Hier kan mens ook 'n duidelike onderskeid tref tussen jou verskillende rassegroepe. Die Asiers se groente is goed wat ek nog nooit gesien het nie, wat die goed se name is weet ek nog minder, so ek het maar net verby gestap en baie vrae gevra, maar die ouens kon mens ook nie lekker verstaan nie. (ek wonder parytkeer waar het hulle hul engelse toetse gedoen)

Die vrugte is mooi en indien jy nie seker is of dit reg is of selfs as jy dit eers oor 'n week wil gebruik dan help die jou mooi en verduidelik wat is beter en wat is nie. Hier kry mens 3 verskillende tipe aartapels, die met so 'n rooi skil, dan die wittes soos ons gewoond is en dan natuurlik die wat lyk of dit nou net uit die grond getrek is. So koop mens maar die verskillendes en probeer uitvind nou watter koop mens nou eintlik. Wat ek toe uitgevind het is dus die volgende, indien jy braai aartappels wil maak dan koop jy die rooiskil aartapel, as jy mash wil maak dan koop jy die witte en die beste om eintlik te koop is die vuil een want die hou blykbaar die voedingstowwe langer binne. Wel ek sien nie kans om elke keer daardie bleddie vuil aartappels te skrop nie (al is hulle goedkoper) dit vat tyd en na die tyd lyk dit of jy lekker modder koekiers gebak het in plaas van om kos te maak. So ek koop maar elke keer die rooiskil een en dit werk vir my. Trial en error en so vind jy dan uit wat werk ook maar en wat werk nie.

Hier is ook maar 'n paar lekker snuitery winkels waar jy ure tyd kan in spandeer om net te sien wat het hulle alles. Vir die Celeste het ek toe 'n paar sneakers gekoop vir $5, gewoonlik is dit so by die $50 vir 'n paar. Dit was vir my 'n bargain mense.

Ek sal die kinders maar eendag hierheen bring sodat hulle daar deur kan loop en kyk en natuurlik proe wat is beskikbaar want nie almal se "tastebuds" is dieselfde nie. Susan staan by een so 'n kos stalletjie, eers het ek my neus opgetrek, maar na die tyd het ons daar gaan eet. Dis amper 'n tipe van 'n pannekoek met 'n filling in, net dit is nie pannekoek deeg nie. Dit was baie lekker, en om die dood kan ek nie onthou watter tipe nasie se kos dit was nie. Sal dit maar net weer moet gaan opsoek.

Friday, December 18, 2009

Carols by Candle light



Gisteraand het ons die Carols by Candlelight bygewoon wat deur die Manningham stadsraad aangebied was. Dit is in 'n publieke park aangebied en daar was verseker duisende mense. Die verrigtinge het so 5 uur begin en het tot so na tien aangehou. Wat interresant was is die kos wat ons gekry het, alles verniet. Daar was "sausage sizzlers", spookasem en koeldrank wat gratis aan al die toeskouers gegee is. Jy kon natuurlik eet tot jy omval as jy wou, maar die meeste mense het darem maniere en dit was meer die kinders wat die toue vol gestaan het vir die lekkernye. Imagine dit in Suid Afrika waar daar by die Uniegebou se tuine 'n heerlike kers samesang gehou word en dat daar kos uitgedeel word, dit sal totale chaos heers en aan die einde van die opvoering sal daar nog klagtes wees omdat daar slegs aanmaak koeldrank was.

Dalk is ek maar net bevooroordeeld, maar dit was lekker om so rustig in die park te sit, na die musiek te luister en saam te sing. Dit was lekker want daar was 'n rustigheid onder die mense, niemand was meer luidrugtig as die volgende ou nie, en almal het 'n plekkie gekry sonder dat daar oproerigheid ontstaan het of dat daar van die oggend getou was om 'n plekkie te kry nie.

Na die laaste samesang was daar 'n vuurwerk vertoning met agtergrond musiek wat die hele vuurspel tot 'n klimaks gelei het, dit was beslis die hoogtepunt van die aand vir ons almal gewees.

Ons hoop om dit weer in 2010 te ervaar, dit was stunning gewees.




Thursday, December 17, 2009

Aquarena

Die weer is hier baie snaaks. Ek is nie seker of ek dit al gese het nie, maar hier in Melbourne kan jy vier seisoene in eendag kry, of nog beter, as jy nie van die weer jou wag vyftien minute dan verander die weer.
Die weer bou op hier, dis is koelerig vir 'n dag of twee dan begin die warmer word en skielik het jy een hengse warm dag. So was dit gewees dat gister heng warm was. Dit was 39 grade en die humiditeit was nog erger. Ons het die kinders toe maar na die Aquarena toe gevat so om die draai van die huis. Hier is 'n groot buitemuurse olimpiese grote swembad, 'n waterslide en dan ook binnehuise swembaddens.
Omdat hier redelik water skaarste in die land is het nie baie mense swembaddens nie en verder is hier redelike streng water beperkinge. Huidiglik is ons in 'n "3a" of so iets water beperking wat beteken ons mag net 155 liter per persoon per dag gebruik, jy mag nie jou kar was met 'n tuinslang en jy mag ook nie die gras natmaak nie. Plante kan net op sekere dae en sekere tye van die dag nat gemaak word. So as jy hier besluit om tuin te maak moet jy maar seker maak jy het plante wat aan droogte toestande gewoond is anders sal dit nie oorleef nie.

Healesville Sanctuary



Noudat die skole gesluit het vat ons die kinders na verskillende plekke net om ons sanity te bewaar anders sal ons heeltemal koekoes gaan. Ons het besluit om hulle Dinsdag na die Healesville Sanctuary toe te vat. Dit is omtrent so 'n uur se ry van die huis af meer na die binneland toe. Die pad soontoe is ongelooflik mooi, jy ry weereens by vreeslik baie wynplases verby. Dit is 'n tipiese plantelandse dorpie met baie besieningswaardighede.

Binne in die dieretuin is daar verskillende soorte diere naamlik die Kangaroo's, Koalas asook slange, Emu's asook 'n klomp roofvoels. Ons het die hele dag hier rondgeloop en na die verskillende diere gekyk. By die Kangaroo's kon die kinders hulle voer en ook aan hulle vat. Hulle hou net nie daarvan om aan die kop gevat te word nie, jy kan die rug streel. Die Kangaroo baba bly in die ma se pouch vir so nege maande, maar is nog afhanklik vir melk van haar tot die so 17 maande oud is. Die Kangaroo's kan so drie baba's op 'n slag kry, maar die snaakse hiervan is hulle ontwikkel nie saam. Die een sal net uit die pouch wees, die tweede een sal dan begin groei in die pouch en die derde een sal in embrio stadium stil staan tot die tweede een dan die pouch sal verlaat, en dan eers begin ontwikkel.

Die Koalas slaap omtrent 20 ure van die dag en eet so 'n kilogram se blare waardeur hulle ook water inneem. Hulle het ook 'n pouch voor waarin die baba dan kruip na geboorte. Daar sal die baba bly en melk drink tot so ses maande.

Die eerste foto is die Kangaroo's met die baba in die pouch
Die tweede foto waar die kinders die kangaroos voer
Die derde foto is van 'n koala beer
Die vierde foto is ons klomp by die ingang van die dieretuin

Monday, December 14, 2009

Afrikaanse kers en sang diens



Ons het Sondag ons Afrikaanse kers en sangdiens gehad by die kerk. Gewoonlik wanneer die maandelikse Afrikaanse diens plaasvind is die kerk redelik vol want dan kom daar familiesvan heide en ver om die diens by te woon. Hier is mense wat tot 200km ver ry om die aand dienste dan by te woon.
Ons het 'n hele program gehad van sang en voorlees om die jubelfees te vier. Ek moet se daar was hier en daar mense wat redelik emosioneel geraak het en jy kon sien dat die mense dit geniet om in hulle eie taal hierdie fees te deel met mede Suid Afrikaners.
Vir baie is dit ook hulle eerste Kersfees sonder hulle families en dit is baie moeilik. Om te beskryf die gevoel wat jy hier binne jou het, dis net nie moontlik nie. Jy voel emosioneel, so verlore, en ja dit was ons keuse om hier te wees, maar dit is steeds moeilik om alles waarmee jy groot geword het, tradisies, daardie kersgevoel wat jy beleef wanneer jy die winkels invaar, dis net nie dieselfde nie.
Wat wel lekker is, is die wete dat hier staan die ouens saam. Almal weet hoe jy voel en daar is telkens 'n bemoedigende gesig wat jou help. Die mense gee skielik meer om vir mekaar hier as wat ons ooit in Suid Afrika sou. Dalk groei ons net meer met so 'n skuif. Wie weet . . .

Die eerste foto is 'n klompie vriende se kinders, die tweede foto is die tieners meisies sanggroepie wat vir die gemeente gesing het, en die ander twee foto's is meestal net Afrikaanse gesinne se kinders wat voor in die kerk gaan sit het vir die "childrens talk".







Sunday, December 13, 2009

Handtjies klap, koekies bak, . . . . .

Wel dit is wat boeta onder andere gedoen het die laaste week van skool. Die laaste week was maar net orientasie na die volgende graad asook ander aktiwiteite wat hulle kon gekies het. Hy het besluit om te gaan surf en te kook.

Volgens hom kan hy tenminste op die surfboard regop staan en bly na die lang dag se oefening, maar dit was erg fisies eintlik vir hom want hy is so uiters onfiks. Die koekies bak is vir minder bevoorregte mense gemaak en dit het hulle (die kinders) die hele dag gevat. Hy was natuurlik baie trots op sy "creations" maar ek was eintlik baie skepties om my mond daaraan te sit. Die vrugte koek (klip) het na Alex gegaan want hy is die enigste een in die familie wat dit eet, buiten skoonma natuurlik. Volgens Alex was dit heerlik, maar vir my het dit soos 'n ton klip gevoel.

So die vakansie gaan ons bietjie koekies bak en Christiaan gaan ons kerstafel versiering maak met gemmerkoekies. Hoe dit gaan uitkom sal ons maar moet sien, maar ek sal julle verseker op hoogte hou van die kreasie.


Die eerste . . . . .


behoorlike skeer het vanaand gebeur. Alex het maar vir boeta gewys hoe skeer mens nou ordentlik met 'n skeermes en lem. Ons het mos met die vorige kersfees vir hom 'n elektriese skeermes gekoop, maar volgens hom werk dit nie meer vir hom nie. Toe besluit hy mos om te skeer met sy pa se skeermes en wat 'n disaster. Hy het homself op soveel plekke raak geskeer en toe ons vra maar hoe het hy geskeer was dit nogal sonder enige skeerroom. Ons het maar lekker gelag vir hom, so die keer het hy nou die regte advies en "training" van sy pa gekry. Nou gaan jy versker sulke stoppels begin kry, hy het juis vanaand so 'n lekker dik sagte baard afgeskeer.

Nog fotos van die natuurskoon



Dandenong Range National Park - 1000 Steps





























Vir ons bybelstudie groepie wat elke tweede Woensdag by mekaar kom het ons besluit om die Thousand steps te gaan stap. Die plekkie is in die Dandenong Range National Parks - Ferntree Gully Piekniek area. Die stappie is seker so in totaal 5km, maar die Thousand steps dink ek is seker so 2.5km. Dit is 'n letterlik eenduisend trappies wat jy klim tot bo. Die area is baie boomryk en hier is geweldig baie varings van verskillende "families" en hier is ook 'n ryk voel lewe in die woud. Ons het 'n hele paar kleurvolle kokketiele of papegaaie gesien en dit is 'n gekletter van al die verskillende voels.

Ons was seker to 15 dames wat die oggend bymekaar gekom het en die stappie aangedurf het.
Ek natuurlik het nie die hele stap meegemaak nie, tipies woesie, maar die bietjie wat ek geloop het my weereens net in verwondering laat kyk na die skepping. So baie keer loop ons by plekke verby en sien nie regtig raak wat hier voor ons is nie, hier voel jy weer naby aan die Here want om net te sien wat hy geskep het vir ons, dis indrukwekkend en mooi. Dit het my weer laat dink aan Patmos, een van die Griekse eilande waar ons was, die grot waar Johannes die doper sy briewe geskryf het. Om daar in te gegaan het, het jou fisies in jou siel geraak. Jy het besef hier het iets groots gebeur, so voel ek partykeer as ek in die natuurskoon hier in Australia loop, die grootsheid hiervan kan nie aan iemand anders beskryf word sonder om dit regtig self te beleef nie.
Ek wil nou nie se daar is nie mooi natuurskoon in Suid Afrika nie, daar is beslis baie. Hier is dit net anders vir my. Jy leef meer in die natuur, die stap roetes en paadtjies wat hier deur die huis kronkel laat mens partykeer wonder, is jy in die stad of is iewers op 'n plattelandse dorpie. Ek dink ook dit is die vryheid waarmee jy rondbeweeg tussen stil en weg gesteekte plekkies, jy hoef nie heeltyd op jou hoede te wees. Jy is dalk net meer ontspanne om alles in te neem wat jy sien.

Die eerste foto is geneem van die Ina (met die donkerbrille), dis nou ons predikants vrou. Ek ken nie die ander dame, het al 'n paarkeer by die bybelstudie gesien, ek is eintlik maar vrek sleg met name.
Die tweede foto sien julle vir Heidi Kruger in die groen toppie (hulle is seker al 13jaar hier) en vir Adaleen, hulle is ook maar kort hier, seker nie langers as 'n jaar nie.
Die derde foto is Anli Roelofse en Hayley du Plessis. Anli is die vriendin wat ons in die begin van die jaar ontmoet het, sy organiseer goed en dan Hayley du Plessis is die een met die rokkie. Hulle is altwee sal nou Desember een jaar hier wees.
Die vierde foto kuier ons klompie maar net lekker om die kospotte natuurlik saam. Watter vrou ken julle nou wat nie lekker om 'n kospot kan draai nie. Ek soek nie regtig 'n antwoord terug nie, maar almal wat ek ken hou van kos, lekker kos.




Clarissa se graduation Yr6


Dit was Clarissa se graduation die week gewees. Hier het die kinders in die laerskool ook 'n tipiese afskeid soos die matrieks in Suid Afrika. Dit word eintlik baie goed bestuur in die sin van ouers wat betrokke is en die kinders het aktiwiteite wat hulle besig hou in die drie ure wat hulle daar is. Ons het die saal gaan decorate vir hulle, die tafels gedek en alles is mooi in silver, swart en wit opgemaak. Die meisies moes rokkies dra en die seuns toeknoop hempde. Wat jy vir jou kind koop of maak is jou keuse, maar dit lyk nie of die ouens uitspattig gaan hier vir die kinders nie. Party maak self rokkies en ander gaan koop dit.
Ons het die aand die plegtigheid bygewoon waar hulle hul sertifikate ontvang het vir die jaar en wat se dat hulle nou na Yr7 bevorder word. Hulle het ook "graduation pack" ontvang waarin hulle jaarfoto's in is asook klas foto. Dit het nou 'n nice gevoel verleen aan die geleentheid deur dit so offisieel te maak.
Die ouers is toe huistoe en die kinders het agter gebly vir 'n aansit ete asook dan 'n dans en speletjies. Dit was 'n groot sukses, en toe Alex daar aankom tien voor tien die aand is die ouers nader gegryp vir 'n dans met die kinders. Almal was pootuit, maar 'n groot sukses. Die volgende dag het die kinders darem net video's en speletjies by die skool gehad, en die wat nog moeg was kon 'n bietjie insluimer met die onderwysers se toestemming.
Wat ek nogal opgeval het is die hoeveelheid manspersoneel in die laerskool. Daar is van die Yr1-5 soveel manspersoneel dat hulle tenminste die helfte van die getalle opmaak. Dis verblydend om te sien die impak wat hulle op die kinders het. In Suid Afrika sien jy dit nie meer sommer nie, en die meeste mans personeel is of in die senoir fase van die laerskool of andersins net die hoerskool.

Monday, December 7, 2009

Docklands parade





Hier op die parade by Docklands is daar 'n mark oor die naweek. Die uitstallings lyk maar meestal na handgemaakte produkte en dan ook jou oudhede. Die Docklands was eers 'n ou hawe met fabrieke wat omskep is in die Docklands en die ontwikkeling behoort 2011 heeltemal klaar te wees. Hier is restaurante, koffie winkels, winkelsentrums, asook kantoor blokke en woonstelle.
Hier sit Christiaan voor 'n droomkar (volgens hom) en die spoegies loop oor wat hy sien. Ja tipies seun, droom oor karre en dink partykeer ook hy weet meer as sy Pa.
Die mense is hier baie lief vir die buitelug, en daar word lekker rondgestap met die kinders in tou die heeldag. Hier lyk dit vir my is elke tweede vrou swanger en het 'n klomp kinders want al wat jy sien is stootwaentjies met tenminste drie kinders in lyn.


Besigtig die Docklands en Inner City Melbourne



Hier in Docklands (dis soos die waterfront in die Kaap) is 'n nuwe gedeelte NewQuay en baie Australianse sterre het hier 'n ster op die parade. Hierdie drie het ek afgeneem want dis is bekendes wat almal behoort te ken. Mel Gibson (Mad Max faam), Anthony LaPogolla (Without a Trace) and Nicole Kidman. Ek is seker daar is nog baie meer, maar ek het nie die hele pad gestap nie. Sal dalk 'n volgende keer.

Wie is die kinders?






Ek weet nie aldag nie. Van die oomblik wat hulle by die kar kom in die middae is dit soos 'n slagting. Die bakleiery stop net nooit nie. Dis elke dag se strorie (of liewers wanneer Alex hulle oplaai) en dan skielik sonder enige aanduiding klim die klomp hooligans uit. Ek verstom my elke dag oor hulle dinge. Ons trek het hier gearriveer en die drie het besluit dit is tyd vir snaaks wees. Met ouers wat doodmoeg is, 'n ma wat drie dae lank migraine het, was dit glad nie snaaks nie. Dan word ons uitgehaal met, "Ons mag nooit fun he nie" en dit van Christiaan. Ek wens partykeer hulle wil altyd fun he en hulle nonsens los, maar helaas dit gebeur nie.

Ek is net bly ek het nie daar vrot skoene so teen my gesig gedruk nie, jy weet nooit watter siekters jy so sal optel van Christiaan se skoene nie. Hy wat so tussen al die Al Packas rond beweeg en dan daardie goed teen jou gesig druk. Yuk!!!

Hier wys dit hulle het darem humor, al is die nie elke dag nie.

Dankseggings diens Donvale Christian College

Die skool het laasweek Dinsdag 'n Dankseggings diens gehad by Monash Universiteit. Die diens het so half agt die aand begin en het eers so na tienuur geeindig. Aangesien dit ons eerste keer was wat ons die diens bywoon het ons nie regtig geweet hoe lank dit vat of presies wat hulle doen nie, so ons het nie voor die tyd ge-eet nie. Clarissa moes ook vroeg daar wees, sy het in die Gr6 sanggroep opgetree en moes reeds om half sewe die aand aanmeld. Die hele saal was volgepak gewees en baie kinders is die lof toegewens. Die Gr12's wat alreeds klaar was met hulle eksamens en skool wat die ere gaste vir die aand gewees. Hulle "graduation" seremonie was dan ook dieselfde tyd gewees, en dit was interesant gewees om te sien hoe die kinders in hulle hordes opgedaag het vir die geleentheid. Die hoeveelheid talent wat die kinders ook het is so goed uitgebeeld deur kunste, sang, drama en musiek.
Die Gr6 jaar en die Gr12 jaar was offisieel aan die res van die ouers bekend gestel, die Gr6se maak nou klaar met die laerskool en die Gr12's maar klaar met skool. Dit is amazing die gevoel as jy jou kind daar sien. Die kinders is toegesing en daar is 'n gebed aan hulle opgedra. Die hele skool se onderwysers, dis nou die laerskool en die hoerskool, was op die verhoog en het vir die ouers gesing waarna daar ook aan hulle 'n gebed opgedra is.
Ons het daardie aand half elf maar toe by McDonalds gestop en burgers vir aandete gehad. Dit klink toe ook of die anders ouers ook maar by McDonalds gestop het so ons waas nie alleen nie.

Monday, November 30, 2009

Die groot uitpak

Hierdie afgelope week was weereens 'n hoogtepunt in ons lewens. Die rede hiervoor was dat ons container is uiteindelik afgelaai by die huis. Ek het skoon amper 'n zulu toi toi gegooi voor die trokke toe dit voor ons huis gestop het hier laas Woensdag oggend. Die opgewondenheid was tasbaar toe die trokke hier stop en ons almal skarrel vir 'n vale rond binne en buite die huis. Alvorens die trok behoorlik kon stop moes ek eers van huis tot huis gaan on uit te vind wie se kar staan voor ons deur geparkeer. Ek het nog nie vir julle vertel van die boom voor die huis wat almal graag onder wil stop vir koelte nie, die mense kan skaars wag dat iemand sy kar skuif of hulle kom uitgehardloop en skuif dan hulle kar onder ons koelte boom in. Dis absoluut lagwekkend. Wel so loop ek toe nou maar van huis tot huis en kry die skuldige. Die mense het hulle eie garage, maar nooit as te nimmer sal hulle daar stop. Die vrou het dadelik haar kar kom skuif, maar was dit nou 'n stryd vir haar om 'n ander parkeer plekkie te kry vir haar kar. Ek kon net my kop skud vir mense.

Wel so staan die trokke toe rug teen rug en die ses manne begin toe die trokke uit pak. Hulle het behoorlik gewerk, en het elke vyf en veertig minute rus ingekry. Hier oorwerk die mense hulle nie self nie. Jy rus gereeld, tel niks swaar op nie, en skuif niks swaar rond nie. Vir alles is hier tools om die harde werk makliker te maak. Die bene word gebuig as iets opgetel word, die rug mag nie geooreis word nie. As iets te swaar is word die trollie ingespan. Hier is geen manne met werk stamina of krag nie. (Net 'n klomp oz woesies, selfs boeta word grootoog aangegaap as hy iets groot by die skool optel. Die meisies swymel blykbaar as boeta nader tree. Dis nou die meisies se weergawe.) Die manne was seker so vier of vyfure aan die werk hier gewees toe is hulle klaar. Die goeie nuus is ons het almal ons eie beddens en al ons goed het veilig hier aan gekom, die slegte nuus is ons het redelik skade opgedoen met van ons goed. Die buite stel wat van castiron gemaak is, is daar drie stoele gebreuk. Twee van hulle is letterlik in stukke gebreuk. Hoe die josie dit gebeur het is 'n totale raaisel vir ons. Een van my groot lampe (en dis die een wat Luke gerewire het) is stukkend gebreuk asook een van my groot bruin staan vase. Twee van ons splinternuwe beddens was so verpak dat die onderkante heeltemal ingegee het. Die beddens was nie eens 2weke oud toe ons getrek het nie. Dit moet ons nou alles eis van die versekering. So dit wys jou, niks is veilig nie.

Ek het foto's geneem van die werkers, en dit was almal 'n klomp jong manne gewees. Snaakse mense en huul het geen humorsin. Omtrent elkeen van die manne was vol tatoeer merke op die lywe. Volgens hulle is dit kuns, en dis hulle manier hoe hulle, hulle kuns uit leef. Ja seker dink ek so by myself, ons ouers sou letterlik en figuurlik ons koppe van ons lywe af geklap het as ons met sulke "kunswerke" by die huis opgedaag het. Ek is seker hulle het nooit vetkryte gehad nie. Die ouens het nie net een of twee klein diskrete "kunswerke" nie, dis sulke groot en kleurvolle goed orals oor. Die arms, bene en die hele rug is vol en sommer die hande en vingers ook.

So die res van die week het ons uitgepak en uitgepak. Wel ek het nie veel uitgepak nie. Teen Donderdag het ek so 'n geweldige migraine ontwikkel dat Anli vir Alex kom help het om die kartondose uit te pak. Die middag toe ek my kop kon lig is die kombuis uitgepak en meestal van die goed het 'n plekkie gekry. Soos wat Alex en Anli uitpak sien hy dat hier nog steeds te veel gemors saam gekom het. Ek sal maar deur die kaste gaan en alles weer herorganisser, en dit wat volgens hom gemors is evalueer en besluit of dit bly of maar liewers moet gaan.

Dis lekker om deur jou eie goed weer omring te word. Dit voel meer huis.

Hierdie week doen ek my lisensie, so ouens hou duim vas dat ek dit maak.

Monday, November 23, 2009

In die begin van die week het ons 'n sessie by die skool bygewoon waar daar spesifiek oor internet gebruik gepraat is. Daar was 'n vrou wat as die "Cybercop" bekend staan wat die hele seminaar aangebied het. Wat baie interresant was is die feit dat die boelie wat gewoonlik op die speelgronde plaasgevind het nou verskuif het na die kuberruimte. Baie meer kinders sal nou deur hulle selfone of internet getarget word vir boelie. Hier in Australia is dit 'n kriminele oortreding indien daar gevind word dat jy 'n kind deur die kuberruimte geboelie het. Hier vat die ouens nie nonsens nie. Die kinders is ook aangeraai om deur hulle FB te gaan en te gaan kyk wie presies is nou al jou vriende wat jy daarop het, en is dit mense wat jy regtig ken of is dit iemand se boetie se nefie se tannie. Selfs die bluetooth wat op die selfone beskikbaar is, is 'n probleem, want volgens die vrou is niks ooit gedelete vanaf die internet sodra dit eers eenkeer gepubliseer is nie. So het sy die kinders lekker uitgevang wat se bluetooth aan is en die name wat hulle hulself toegeken het is skokkend. Jy sal nooit weet wie sien alles raak wat jy nie graag wil he moet dit raaksien nie. My kinders het dadelik al hulle passwords en sekuriteit op FB gaan verander na die vrou se geselsie.

Die week was andersins stil en hier het nie veel aangegaan by ons nie. Dit was baie warm die week. Indien die temperatuur bo 39 styg sal die kinders nie skoolgaan die dag nie. Ons bly naby baie natuurreservate, boomryke en plattelandse areas en dit is 'n probleem wanneer die kom by die brandgevaar. Vrydag het die hitte so opgebou dat daar uiteindelik 'n lekker bui reen uitgesak het, en saam met die reen toe kom daar natuurlik weerlig. Dit veroorsaak toe brande in die omliggende areas, so alhoewel dit lekker reen is die brandgevaar soveel groter indien daar weerlig is. Die mense is baie bang hier vir weerlig.

Saterdag het die meisies weer sagtebal gehad. Die 2ling speel vir Waverley Heights en Clarissa vir Falcons. Sy speel twee wedstryde op 'n naweek. Die 2ling is deel van die bluesocks en die groep oefen ekstra tye op Woensdae aande en Sondae. oggende. Die bluesocks speel tussen al die Victoria klubs en daaruit kies hulle groepe wat dan weer tussen al die ander state speel. Uit daar die groep kies hulle dan nasionale spanne, en volgens die 2ling se afrigter staan hulle 'n goeie kans om vordering te maak in die groep. Ek sien deesdae staan Celeste se kop sokker se kant toe.

Ons het Saterdag na die wedstryde gaan potjie hou by Anli en Roelf, en Christiaan het net Xbox gespeel die hele tyd. Omtrent elke Saterdagmiddag en Sondag sal Christiaan na Ani-hulle se huis gaan en homself tuis maak by Roelf agter die Xbox speler. Die twee sal dan vir ure aanlyn speel met ander spelers.

Ons container is deur doeana en kwarantyn en dit blyk dat daar geen issues is nie. Hoera!! Volgens die agent behoort hulle Woensdag ons goed af te lewer. Dit sal so twee dae vat om alles af te lewer en die meubels uit die bokse te kry. Gelukkig is dit nie te warm hierdie week so ons voorsien geen probleme nie. As dit te warm word hier dan werk die mense ook nie buite nie. Die ouens is verskriklik erg oor "working conditions" hier. Die mense in Suid Afrika sal dit sien as 'n klomp "woesies".

Alex gaan ook hierdie week vir sy motorlisensie, so ons hou maar duim vas dat alles goed gaan afloop.

Groete vir eers.