Sunday, December 13, 2009

Dandenong Range National Park - 1000 Steps





























Vir ons bybelstudie groepie wat elke tweede Woensdag by mekaar kom het ons besluit om die Thousand steps te gaan stap. Die plekkie is in die Dandenong Range National Parks - Ferntree Gully Piekniek area. Die stappie is seker so in totaal 5km, maar die Thousand steps dink ek is seker so 2.5km. Dit is 'n letterlik eenduisend trappies wat jy klim tot bo. Die area is baie boomryk en hier is geweldig baie varings van verskillende "families" en hier is ook 'n ryk voel lewe in die woud. Ons het 'n hele paar kleurvolle kokketiele of papegaaie gesien en dit is 'n gekletter van al die verskillende voels.

Ons was seker to 15 dames wat die oggend bymekaar gekom het en die stappie aangedurf het.
Ek natuurlik het nie die hele stap meegemaak nie, tipies woesie, maar die bietjie wat ek geloop het my weereens net in verwondering laat kyk na die skepping. So baie keer loop ons by plekke verby en sien nie regtig raak wat hier voor ons is nie, hier voel jy weer naby aan die Here want om net te sien wat hy geskep het vir ons, dis indrukwekkend en mooi. Dit het my weer laat dink aan Patmos, een van die Griekse eilande waar ons was, die grot waar Johannes die doper sy briewe geskryf het. Om daar in te gegaan het, het jou fisies in jou siel geraak. Jy het besef hier het iets groots gebeur, so voel ek partykeer as ek in die natuurskoon hier in Australia loop, die grootsheid hiervan kan nie aan iemand anders beskryf word sonder om dit regtig self te beleef nie.
Ek wil nou nie se daar is nie mooi natuurskoon in Suid Afrika nie, daar is beslis baie. Hier is dit net anders vir my. Jy leef meer in die natuur, die stap roetes en paadtjies wat hier deur die huis kronkel laat mens partykeer wonder, is jy in die stad of is iewers op 'n plattelandse dorpie. Ek dink ook dit is die vryheid waarmee jy rondbeweeg tussen stil en weg gesteekte plekkies, jy hoef nie heeltyd op jou hoede te wees. Jy is dalk net meer ontspanne om alles in te neem wat jy sien.

Die eerste foto is geneem van die Ina (met die donkerbrille), dis nou ons predikants vrou. Ek ken nie die ander dame, het al 'n paarkeer by die bybelstudie gesien, ek is eintlik maar vrek sleg met name.
Die tweede foto sien julle vir Heidi Kruger in die groen toppie (hulle is seker al 13jaar hier) en vir Adaleen, hulle is ook maar kort hier, seker nie langers as 'n jaar nie.
Die derde foto is Anli Roelofse en Hayley du Plessis. Anli is die vriendin wat ons in die begin van die jaar ontmoet het, sy organiseer goed en dan Hayley du Plessis is die een met die rokkie. Hulle is altwee sal nou Desember een jaar hier wees.
Die vierde foto kuier ons klompie maar net lekker om die kospotte natuurlik saam. Watter vrou ken julle nou wat nie lekker om 'n kospot kan draai nie. Ek soek nie regtig 'n antwoord terug nie, maar almal wat ek ken hou van kos, lekker kos.




No comments:

Post a Comment