Wednesday, April 7, 2010

Dit reën nou so lekker buite, die lug is so mooi helder en skoon. Die blou wat so plek plek deurslaan is verrassend mooi. Ek is seker as jy nou buite sou gaan staan jy die heerlikste varste lug sal ruik. Dit is lekker om in die oggend buite te kom en die vars lug in te asem, geen besoedeling en rook wat swaar hang op die horizon nie. Die varsheid van die dag kan mens amper proe so op jou tong.

Die afelope week was nou nie sonder insidente gewees nie. Ons het die kinders gevat na die nuwe Icerink in die Docklands, wat natuurlik baie lekker was, en daar sal dit gebeur dat Roelf sy enkel breek. Tussen Nicolette, Roelf en Christiaan het hulle oor mekaar geval. Christiaan stoot vir die twee "love birds" van agter om hulle te help om vinniger gaan, die probleem hiermee is dat die ys al redelik groefies het van die vorige ysskaats sessies. Die skaatse haak vas in die groefies want ons skaats mos nie, ons gly net. So haak Roelf se skaatse vas en hy val neer, Nicolette val oor hom en Christiaan oor hulle altwee. 'n Resep vir moeilikheid, en dis hoe dit gebeur dat Roelf sy enkel breek.

Soos ons maar nou gewoond is vat jy dan nou jou kind na die ongevalle, en vandaar sort die dokters die kind uit. Jy is maar saam met die kind elke stappie, van die xstrale en dan die wag enige iets anders wat soos gewoonlik maar sal volg. Die dokter lig jou in soos die proses ontwikkel en jy verstaan presies wat met jou kind gebeur. Die ouens praat met jou. So sal jou kind of opgeneem word vir die aand indien dit ernstig lyk, of 'n cast kry vir 'n week tot die swelling gesak het en hulle dalk 'n beter prognoses kan maak. Jou kind sal darem 'n tablet kry vir die erge pyn en daar sal mooi verduidelik word hoe om die voet te versorg indien hy huis toe sou gaan. Jy is op "par" met die dokter, en indien jy nie is nie, dan kry jy nog 'n tweede opinie tot jy gelukkig is. Jy vat ook jou kind na die dokter waarmee jy gemaklik is en jy praat met ander ouers wat ook deur so 'n proses is om te hoor wat is hulle opinies oor die dokter en is die ou darem behoorlik gekwalifiseerd. Jy weet darem dat as die radiograaf die xstrale geneem het die ou die verslag geskryf het dat die dokter sal verstaan, die dokter kyk ook na die xstrale, dis nou om homself te vergewis dat xstrale wys dit wat die verslag sê. Die ou is mos nou darem die ER dokter en hulle weet mos. Die verwys jou na 'n ortopediese chirurg waarmee hy gelukkig is.

Wel hier werk dit anders. Nie slegter nie, net anders. Eerstens indien jy na noodgevalle gaan hier met jou kind word die kind deur die pediatriese dokters gesien omrede hulle tot met 16 jaar daaronder klasifiseer. Hier is jy as ouer net 'n beslommernis, jy mors die dokters se tyd deur hulle te vra oor die besering. Die body language is tipies van "Ek het nie nou tyd om jou 'n les in anatomie te gee nie" en al wat jy wou geweet is, is hoe ernstig die breek nou eintlik is. Jy sit in ongevalle, die feit dat jy privaat medies hier het beteken absoluut niks, zero, NIL. Jy is eintlik net ‘n nommertjie tot iemand anders met pyn erger as joune opdaag. Jy sit en wag jou beurt af soos in enige staats hospitaal in Suid Afrika, en indien enige iemand anders inkom wat meer dringende aandag nodig het sal jy maar net moet wag. So hier sit jy,die voet hang want daar is nie plek om die voet te lig nie, en jy wag. Die arme kind in pyn maar wat jy wag geduldig, dalk iewers is daar uitkoms.

Na drie en 'n halwe uur raak jy maar redelik gatvol gewag, wat is dit met die gewagery en jy gaan vra nou “wat nou”? hoe lank moet ons nog wag vir die dokter. Nie die slimste move gewees hierdie nie, moet ook nou nie jou stem verhef of net effens te hard vra hoe lank nog nie want dan roep hulle sommer Code Grey op jou. Jy's agresief en 'n gevaar vir die mense, FOK, teen daardie tyd sou hulle 'n flippen CODE RED moes uitroep vir my, my in 'n straight jacket sit en 'n kalmeer inspuiting gee. Hier mense moet julle regtig maar bid vir my, ek is nie die kalmste mens wanneer dit by my kinders kom en sport beserings nie, veral nie as hulle vir ure gaan sit met pyn en ek my beurt moet afwag nie.

Eventauly word die kind is vir xstrale gestuur, die arme dokters kan nie behoorlik sien hoe erg die besering is nie en stel voor dat hy vir 'n CT scan gaan, maar nou is dit na ses so jy moet wag tot more want hulle maak toe, die ER maak toe (HAHAHAHA ek dog dis dan 'n ER), en nee jy kan nie voorskrif pynpille kry nie jy kan maar panadol gee. Dis so goed jy gee jou kind ‘n disprin in, dit gaan nie help vir die gebreekte enkel se pyn nie. So jou kind se enkel is gebreek, hulle kan nie sien hoe erg nie, maar is darem bereid om 'n semi cast op sit tot die volgende dag toe. Die hospitaal sal jou dan bel vir 'n afspraak om vir die scan te gaan. As dit maar so eenvoudig was. Niks in die lewe is ook maklik of eenvoudig nie, daar is altyd ‘n kinkel in die kabel.
Eerstens die hospitaal bel jou nie, jy bel naderhand en probeer uitvind nou wat nou. Daar word vir jou vertel dat dit nie meer nodig is vir die CT scan nie, die ER dokter het die Xstrale vir die ortopediese chirurg gewys en ja die enkel is gebreek maar hy moet eers met die "been"spesialis praat. Die ortopediese chirurg praat met jou nadat jy hom moes bel, (hy moes jou gebel het maar wie worry nou oor sulke kleinighede) en hy wag nog vir die "been"spesialis om die xstrale te interpetreer. Wow, drie dokters later en hulle weet nog nie presies wat is eintlik die diagnose nie. So die radioloog kan nie mooi op die xstrale die breek sien nie, die ER dokter kan ook nie en besluit op 'n CT scan, die ER dokter wys die Ortopediese chirurg die xstrale en hy besluit om die "been"spesialis te konsulteer. Nou wat die verskil is tussen die ortopediese chirurg en die "been"spesialis weet ek nie, maar sal nog uitvind. Jy moet jou kind terug vat na die ER en daar is besluit om nou 'n behoorlike cast op te sit to onder die lies, dit vir 'n gebreekte enkel, hoekom dit nie in die eerste plek gedoen is nie verstaan ek nie, maar ek is nie die dokter nie.

Maar die storie eindig nie daar nie. Dit het nog 'n episode of tien, ek is seker mens kan ‘n dokumentere real live experience hieroor doen.

So na 'n week in die cast tot onder die knieg bel die ma weer die hospitaal, want nadat die cast opgesit is het die "been"spesialis haar ingelig sal die kind moet skroewe in die enkel kry. Nou hier is die total confusion hoog, hulle kan nie die breek mooi sien nie maar wil sommer opereer en skroewe in sit. Daar moet daar en dan toestemming gegee word vir opname en hospitalisasie. Indien jy weier dan behandel hulle ook nie jou kind verder nie.

Kyk hier sou my moer meter weer die rooi geslaan het, en die alarm sou glad nie gestop het nie. Eerstens laat hulle jou wag, die opvolg met die dokters gebeur nie indien jy nie self die opvolg doen nie, jy kan nie vra vir tweede opinies nie, jy kan nie jou kind na 'n ander hospitaal vat nader aan die huis nie. Ek wonder wat noem mens dit?

So nadat die hospitaal of die dokters weereens nie gebel het vir die opvolg besoeke en scans vir die week nie, volg die ma dit maar weereens op. So hoor sy dat die CT scans volgeboek is vir die week en sy nie gehelp sal kan word nie. Na mooi praat en verduidelik en weer opvolg en navrae laat weet hulle sy kan so drie uur die middag inkom en dan maar wag vir 'n gaatjie. Nou moet die arme kind vas van 7uur die oggend af, hy moet wag vir die scan wat dalk enige tyd van na drie geneem kan word en dan sal daar besluit word oor die operasie. Wel hier kom die snag, die ma word na 2ure gebel, sy moet agtuur die oggend by die hospitaal wees vir die scan, die operasie is geskeduleer vir drie uur die middag. Die uit einde van die episode is die kind is eers half een die volgende oggend geopereer. Die arme kind het gevas vanaf seweuur die oggend, geen druppel water oor die lippe, geen drip in die arm vir vloeistof inname en as die ma iets vra dan word die ogies gerol. Hulle kan bly wees dit was nie my kind nie.

Die been is in ‘n semi cast gesit vir twee weke, die semi cast is pleister aan die agterkant van die been en verband. So sal ons leer dat alles nie altyd beter of makliker aan die anderkant van die draad is nie. Baie dinge mag dalk dieselfde lyk maar is beslis nie.

Wees op die uitkyk vir die opvolg, dit mag dalk ‘n verassing of twee inhou