Tuesday, July 28, 2009

Visa's

Ons visa's is goedgekeur na 'n baie lang proses. Die emosies is 'n romdomtalie effek hier in die huis. Die 2ling se gevoelens is so verskillend, Nicolette wil sommer saam met Pappa gaan in September en Celeste wil eers Affies toe gaan vir 1jaar. Nie dat hulle eers enige positiewe gevoel gehad het om Affies toe te gaan nie. Clarissa voel sy laat haar netbal span in die steek want die groepie het so goed gevaar hierdie jaar. Christiaan se gevoelens is nie altyd duidelik want hy is tog so 'n geslote mens. Maar ek sien hy is ook maar skrikkerig vir die verandering.

Ek en Alex is absoluut "thrilled" dat dit wel goedgekeur is. Ons kan nou planne maak. Nou is dit al die reelings wat gedoen moet word, organisasie van die trek, karre wat moet verkoop word, huis wat gesoek moet word daardie kant, werk wat Alex moet kry. Nuwe stresse is om die draai.


Wednesday, July 8, 2009