Monday, December 14, 2009

Afrikaanse kers en sang diens



Ons het Sondag ons Afrikaanse kers en sangdiens gehad by die kerk. Gewoonlik wanneer die maandelikse Afrikaanse diens plaasvind is die kerk redelik vol want dan kom daar familiesvan heide en ver om die diens by te woon. Hier is mense wat tot 200km ver ry om die aand dienste dan by te woon.
Ons het 'n hele program gehad van sang en voorlees om die jubelfees te vier. Ek moet se daar was hier en daar mense wat redelik emosioneel geraak het en jy kon sien dat die mense dit geniet om in hulle eie taal hierdie fees te deel met mede Suid Afrikaners.
Vir baie is dit ook hulle eerste Kersfees sonder hulle families en dit is baie moeilik. Om te beskryf die gevoel wat jy hier binne jou het, dis net nie moontlik nie. Jy voel emosioneel, so verlore, en ja dit was ons keuse om hier te wees, maar dit is steeds moeilik om alles waarmee jy groot geword het, tradisies, daardie kersgevoel wat jy beleef wanneer jy die winkels invaar, dis net nie dieselfde nie.
Wat wel lekker is, is die wete dat hier staan die ouens saam. Almal weet hoe jy voel en daar is telkens 'n bemoedigende gesig wat jou help. Die mense gee skielik meer om vir mekaar hier as wat ons ooit in Suid Afrika sou. Dalk groei ons net meer met so 'n skuif. Wie weet . . .

Die eerste foto is 'n klompie vriende se kinders, die tweede foto is die tieners meisies sanggroepie wat vir die gemeente gesing het, en die ander twee foto's is meestal net Afrikaanse gesinne se kinders wat voor in die kerk gaan sit het vir die "childrens talk".







No comments:

Post a Comment