Saturday, October 20, 2012

Nuusbrokkies

Die afgelope paar weke was nou nie kinder speletjies met die afbeen kind nie. Die knie rekonstruksie het goed afgeloop maar die dokter het gevind dat die skade baie meer was as wat oorspronklik gesien was op die MRI scan.

Die pyn was maar konstant en die happy pilletjies (morfien) wat gegee was het haar meer misrabeld gemaak as happy. Ons het besluit dat dit liewers gelos moet word en as die pyn regtig te erg raak dan sou ons my happy pilletjies van my nierstene vir haar eerder gee. Dit was darem nie nodig nie en sy het elke dag deurgemaak sonder pynpille, brawe kind.

Die fisio het sommer vinnig vinnig begin met die nodige oefeninge en natuurlik het sy al 'n paar keer raas gekry omdat sy nie genoeg oefen by die huis nie. Die eerste week terug by die skool maak 'n mede skolier 'n kas deur toe binne in haar knieg in, nodeloos om te se is ek gebel om haar te kom haal. Die fisio was nie gelukkig nie want die knie knop het nie goed beweeg nie en die agterkant van die knieg het geknak. Nie 'n goeie eerste week terug, maar die knieg is weer verbind. Sy moet nog twee weke met die krukke en brace om die been loop.

Met die is ek toe bly dat tweedledumb se operasie uitgeskuif is na Januarie 2013, met al die verwikkelinge in tweedledee se rehabilitasie sal dit net beter wees.

Christiaan se eind eksamens is nou al 'n week aan die gang en die komende week lyk woes. Daar is twee wiskunde vraestelle, gewone en gevorderde wiskunde, asook sy ingeneurswese vak. Nie 'n goeie week wat voorle vir hom nie, al drie die vakke skryf hy die een na die ander een.

Die Engelse vraestel het nie te belowend geklink nie, maar ek dink nie ek sou veel beter gevaar het nie. As jy my nou taalkundige vrae vra, of spesifieke vrae oor my voorgeskrewe boek of poesie sou vra dan sou ek dit kon doen, maar om 'n opstel te skryf oor 'n nuus artikel en te verduidelik wat is die skrywer se beweegrede en sy sin van "belonging" na gelang daarvan, dan sal ek verseker dop.

Die briewe van die verskillende universiteite om hulle dank uit te spreek ook hy hulle oorweeg het die week begin instroom, mag die aanbiedinge om daar te studeer ook instroom as die uitslae eers bekend is.

Tweedledumb het ook 'n casual werkie los geslaan by die bakery in die village, so nou kry ons darem lekker vars brood elke keer as sy die dag gewerk het. Sy is natuurlik in die sewende hemel hieroor want nou verdien sy lekker geldjies en sy kan dinge doen en koop was sy graag wil he.


Thursday, October 11, 2012

Wetteloosheid vs "Polisiestaat"

September maand is ons nou drie jaar al in Oz, die tyd het beslis vinniger gestap as wat ons besef het. As ek terug dink aan die begin dae toe ons hier geland het en hoe vreemd alles was, was daar dae wat ons gedink het gaan ons dit maak hier, nou is dit bekend dit is huis. Ons hoop en vertrou dat die volgende jaar net so vinnig verby sal gaan dat ons daardie Ozzie paspoort kan kry.

Vandag besef ons weereens dat daar baie versions vir mense is oor Oz, my broer het dit vandag vir my baie hard en duidelik gemaak dat hy nie van plan is om hierna toe te kom want die "regulerings" is so streng. Ek vestaan dat nie almal soos ons dink en wonder of daar nie iets beter is as die ewige vrees vir die "eendag" dat iets jou of jou gesin gaan oorkom nie. Of gaan jy 'n toekoms he, gaan jy nog 'n inkomste he. Dan wonder ek maar so by myself nou hoe dan nou, daar is mos iets beter. Is dit nie hoe dinge ook moet wees nie, die lewe is mos nie wetteloos nie. Dit mag dalk in sonnige Afrika wees maar nie hier nie. Behoorlik regulasies moet tog gevolg word. Die spoedgrens in Suid Afrika byvoorbeeld is 120km/p/h, maar wie ry nou eintlik dit, net die ou wie se kar so vrot en uitmekaar uit val en skaars die bult behoorlik kan uit. Daar is die Putco bus wat nie behoorlik gediens word nie en die allergoorste gasse afgee terwyl dit probeer om voor te kom, of die groot trok wat met 'n spoed die bult afkom en wie se remme skielik nie meer werk nie want die die eienaars wil 'n "buck" maak en de mense lewens is nie belangrik nie. Almal toi toi oor die een of ander iets waarmee hulle ongelukkig is, en dit is hulle reg sekerlik, maar is dit hulle reg om alles rondom hulle te verniel, trokke aan die brand te steek, mense lewens te verwoes deur bakstene te gooi, kyk net na die artikel om te sien hoe dit daar gaan. Gee dan liewers vir my hierdie gereguleerde polisie land want ek volg die reels. Hier is ook maar wetteloosheid, maar aitsa jy sal gevang word, kyk maar na die moord op televisie persoonlikheid, die ou is gevang, of na die paartjie wat by die hotel ingebreek het, die ouens is gevang.

Mense verlaat die land daagliks om beter heenkome vir hulle self hier of selfs in ander lande te gaan soek. Die ander kant van die coin is ook daar, die mense wat weer terug gaan na SA want dinge het net te "gereguleerd" geraak vir hulle hier. Is dit omdat jy nie die reels kan volg nie. Het hulle die spoedgrens net eenkeer te veel oorskry en hulle sodoende hulle lisensies dalk verloor, of selfs bietjie tipsy gery van 'n lekker ete saam met die gesin en toe gestop is vir 'n "breathalyser" en dit nie gepass nie. Dalk was die hele proses net te veel vir jou en vroulief en dinge het nie uitgewerk, nie gedink dit gaan so moeilik wees om jou eie besigheid hier te bedryf nie want nou moet jy regtig hard werk. Mens kan enige blog of forum gaan lees en baie vinnig sal jy agterkom immigrasie is nie vir sissies nie. Dis moeilik, daar is tye dat jy moedeloos raak, daardie selfdoubt kom sit so op jou skouer en tik tik aan jou oor watse kak besluit het jy nou gemaak. Druk net deur, dinge lyk altyd beter die volgende dag en daar is die besef ander sukkel ook soos jy. Al wat jy kan doen is elke dag 'n stappie vorentoe gee want terugdraai is nie die oplossing nie.

Hoe dit ookal uitwerk vir jou as jy die besluit maak om te kom of nie te kom nie, maar moet nie laat streng regulering en wetgewings jou rede wees om nie dit te wil doen nie, as jy 'n wetsgehoorsame mens is sal die "polisiestaat" jou nie eens pla nie, dit sal normaal wees.

Ek sal eintlik baie opgee om my familie, my broers en suster diekant te kry want die lewe hier is die moeite werd. Jy tel as mens diekant, jou menswees beteken iets. Alles het natuurlik 'n prys, en watter prys is jy bereid om te betaal om vry te wees.