Thursday, August 4, 2011

Geleenthede

Dit moet goed gaan met jou kind as hy meer geld in die bank het as sy ma. Boeta het 'n casual werkie gekry by Woolworths en werk gemiddeld so 11 ure 'n week. Vir dit kry hy nie te sleg salaris nie en word ook weekliks betaal. Dit is elke keer interresant om aan etens tafel te sit na 'n skof en te luister na wat vandag by die werk gebeur het. Volgens boeta kla die gemiddelde Ozzie nogal baie. Die kasiere is veronderstel om 'n geselsie met elke klant aan te koop en uit te vra na hulle dag. Party mense kry verbal diaree en kan nie genoeg kla nie. Ek kan myself nogal indink wat in sy kop aangaan as die ouens so kla, ek sal weet want hy vat my en sy pa gereeld aan.

Sodra sy probasie tydperk verby is dan gaan hulle uurlikse tarief ook op. Hopelik is die mense gelukkig met sy werk en word hy 'n permanente casual, nie dat ons twyfel nie. Hy het al genoeg komplimente gekry van klante en volgens sy supervisor is dit nogal 'n rekord.

So die van julle wat hier in ons omgewing bly, kyk gerus uit vir die vriendelike blonde kop seun in Woolworths.

Daar is 'n paar nuwelinge in ons omgewing en ek die voorreg gehad om hulle te ontmoet. Dis baie interresant om na hulle stories te luister oor hoekom hulle besluit het om te kom. Wat vir my nogal opvallend was is hoe identiese die redes is oor hoekom hulle hier is, maar hoe verskillend die daaglikse motiverings is om hier te bly. Die verskil wat ek sien is hoe die een gesin beide positief die besluit gemaak het om te trek en hoe die ander gesin se man die inisiatief gevat het.

Die een gesin bestaan uit vier en die ander uit drie gesinslede. Die een vrou kan jy sien is baie dinamies en en 'n regte go-getter, die ander een kla verskriklik oor wat sy moes opgee. Elkeen in sy eie reg het baie opgegee om hier te sit, ek glo nie dis maklik vir enige iemand om net alles op te pak, maar jy moet realisties dink. Ons almal was op 'n stadium vars en baie nuut hier in die vreemde, mens vergeet van die issues waarmee jy gesukkel het in die begin en dis presies dieselfde issues waarmee hulle sukkel. Party vat dit in hulle stride en hulle verander en kry dinge gedoen. Kyk nou maar na die gesin van vier, hulle het klaar hulle wortels begin skiet en dis great, die mense se koppe is reg, hulle sien geleenthede raak. Hopelik kan ons as gemeenskap die ander vrou help om haar kop reg te kry en die geleenthede raak te sien.