Monday, June 14, 2010

Queens Birthday Weekend

Hierdie naweek was nou ‘n regte rustige en stil naweek sonder die kinders gewees. Hoe lekker was dit nou om net ons twee te gewees het sonder enige kinder bekommernisse. Die kinders het na die “State Youth Games” gegaan in Warragul vir drie dae. Dit is ‘n Christenkamp vol sport aktiwiteit vir die jonges tussen die ouderdom van 13 tot 25. Deur die dag was daar ook allerhande ander aktiwiteit wat hulle kon doen en in die aand was daar weer Christen bands en ander sosiale bedrywighede waarmee hulle hulself kon besig hou. Slaap was natuurlik nie hoog op die agenda gewees nie, hoe minder slaap daar was hoe beter natuurlik.

Die weer het Vrydag nie so lekker saam gespeel nie en die kamp was in die reen opgeslaan. Dit het natuurlik daartoe bygedra dat die hele naweek ‘n groot modderspul was. Alles was letterlik met modder besmeer, en wie sal dit toe nou moet skoon maak. NEE daar is nie ‘n Mary, of Elizabeth of Zondi nee, dis die Ma’s en Pa’s wat die gemors moet skoon maak. Wel dit was die eerste en die laaste keer dat ons die modderspul skoon gemaak het terwyl die kinders hulle verlore slaap ingehaal het. Ek het die meisies se tekkies net so in die asblik gegooi, daar is net geen manier dat ek die gemors sal skoon kry nie.

Met die water beperkinge nog steeds in werking hier is dit moeilik om sommer net die kraan oop te draai en alles af te spuit, ek het lanklaas soveel modder gesien. Ek wonder partykeer wat deur die kinders se koppe gaan as hulle alles so bemors, seker gedink “Oe Pret” en net verder in die modder gespeel. Mens sou sweer hulle is ‘n klomp vyfjariges wat niks beter weet nie.

Met die aankoms daar Maandag oggend het dit soos ‘n reuse tentdorp gelyk. Van die hoogte af was dit ‘n miernes van bedrywigheid, en wat ‘n gesig om dit te sien. Die area waarin die kamp was is ongeloof mooi. Dis groen so ver jy kan sien, met boerdery rondom jou. Daar was 3 000+ jongmense gewees wat die kamp bygwoon het. Die eerste kamp twintig jaar terug het begin met 75 jonges, hierdie jaar was daar 75 verskillende kerkgroepe gewees vanaf regoor die hele Victoria / Melbourne area. Die kinders het dit ongelooflik baie geniet, maar volgende jaar gaan daar beslis reels wees alvorens daar enige plekke geboek word vir die 2011 kamp

Wednesday, June 9, 2010

Diesel vs Unleaded

Vandag was een van daardie dae wat ek verseker baie lank sal onthou. Dis die dag wat potensieel 'n koste tag van $20 000 aangehad het. Wat het gebeur wonder julle, wel die storie is . . . . . . . . petrol het opge-eindig in 'n diesel kar se tenk.

Hier is baie scenarios en die vinger kan heen en weer gewys word maar aan die einde van die dag moet ek die blaam vat hiervoor. Ek het vandag met Alex se Chrysler gery en moes diesel ingooi. Maar soos alles hier moet jy dit self doen want hier is nie petrol joggies wat jou bedien nie. So toe ons by die petrolstasie stop klim boeta uit en se hy sal ingooi, hy vra vir my watter unleaded moet hy gooi want hier is twee verskillendes, en tipies soos ek is luister ek met 'n halwe oor. (Wel dit sou amper veroorsaak dat ek 'n hartaanval kry later.) Ek antwoord dat diesel is diesel en hy gooi unleaded in, ek stap in om te gaan betaal en ry doodluiters huis toe.

By die huis gekom eet ons gou en dis tyd om Clarissa by die netbal te gaan haal, en dis hier wat die paniek inslaan. Ek start daardie kar en die volgende oomblik ruk hy so erg dat ek 'n oomblik van totale verlamming beleef, ek skrik daar uit my beswyming en skakel die kar onmiddelik af. Ek loop hardloop terug na die huis en so ver ek gaan roep ek vir Christiaan, "Wat het jy in die kar gegooi, Unleaded of Diesel", en hier diep binne in my hoop ek hy gaan antwoord Diesel, maar my brein se dit gaan Unleaded wees.
Julle almal het al gesien as die TV stories of die movies alles so in slow motion begin wys, en hy weet hier kom 'n ding, en dit is nie goed nie. Jy sien hoe speel hulle die scenes terug na die begin en realiteit skop in want jy weet hier kom die punchline. Soos baie dinge in die lewe is daar nie 'n recall of reverse knoppie wat gedruk kan word om dinge wat verkeerd gedoen is reg te maak alvorens die bollie die fan gaan tref nie.
Wel die uit einde was dat daar unleaded in die tenk gegooi is in plaas van diesel. So wat die hel maak mens nou. Die kar het so erg gebok spring dat my hart nou nog aan die buitekant sit. Hoe verduidelik jy aan jou man dat jy het potensieel 'n uitgawe van $20 000 geskep. Jy kan nie die dom petroljoggie beskuldig nie want die dom petrol joggie is jou 16 jarige seun wat jou iets gevra het en jy het nie geluister nie.
Jou brein werk oortyd want jy weet daar moet iets wees wat jy kan doen om dit reg te maak, om die Universe weer terug op track te kry, en almal wat jy ken gaan deur jou gedagtes om te probeer pinpoint wie weet iets van karre af. Jy bel rond en uiteindelik lyk dit of daar 'n ou ligpuntjie kan wees, Craig en Marcell kan kom help. Die unleaded word gedreineer uit die tenk en diesel word ingegooi. Ek het lankal die pad gevat want ek sien nie kans vir nog enige verdere slegte nuus nie, die proses moet werk en die enjin het hopelik geen skade.
Ek moet se ek het 'n redelik sug van versagting gehad toe Alex in die huis instap en daar is darem 'n smile, want toe weet ek dis OK.

So die uiteinde van die storie is, ek gooi van nou af self diesel of petrol in die karre en ek sal beter moet luister.