Saturday, October 16, 2010

Donderstorms wat broei.

Wat is dit met die Afrikaner dat hulle alles altyd probeer opfok. Ek het nie juis 'n beter woord nie, want partykeer kan ek my verbale diaree nie keer nie. Dit vloei net, soos dit partykeer gebeur as daar 'n lelike storm broei en skielik sak dit aarde toe met een hengse groot donderstorm. Dit is bontstaan en keer, jy soek 'n skuiling teen dit maar dan bereik dit jou uit 'n hoek want jy nie sien kom het nie, of partykeer het jy maar jou goeie gesonde verstand wou nie dit glo nie.

Wel hier het ons tans so 'n storm wat broei. Wat staan mens nou te doen in so 'n situasie, staan jy eenkant toe en hoop dit tref jou nie of klim jou nou vierkantig binne in die storm en verdedig jy jou "fort". My goeie verstand vertel my een ding, maar jong die samewerking tussen die kop en die mond is nie altyd "op par" nie.

Al wat ek nou wil kwyt raak hier is, jy en jou gesin moet ernstig begin selfondersoek doen. Julle is in serious groot trouble boeta en as jy met jou anti Afrikaanse en anti Australiese neigings aan hou gaan daar meer as net 'n FB delete wees. Dit gaan ons Christen gemeenskap skeur. Sit jy maar elke Sondag daar in die kerk en smile, pik jou traan ook as jy so voel want dit gebeur so gereeld, maar diep binne is julle eintlik donker en baie neuroties.

Moenie dink die politieke speletjies het agter gebly die dag toe ons die tasse gepak het nie, partykeer is dit erger aan die kant. En as jy gedink het soort bly by soort, dan wag daar nog 'n verrassing op jou. Dinge en mense verander, maar jong jy sal verbaas hoe baie bly alles eintlik dieselfde. Die Afrikaner in party wil dinge net mooi opdinges.

Dalk is dit nou 'n goeie tyd om te begin rondshop.

Sunday, October 3, 2010

Eerste week

Wel so het 'n rollercoaster jaar sy gat letterlik gesien hier in Ozland en dit het so vinnig verbly gevlieg. Op ons anniversary hier in Ozland het Ouma Marthie en Oupa Vincent al die pad kom kuier vanuit Deneysville. Dis nou die tweede keer wat die twee oumense vlieg, die eerste keer was seker so drie-vier jaar terug toe hulle bietjie Kaap toe is vir 'n vakansietjie.

Dit was nogal 'n ding vir die twee oumense om hierna toe te kom, Ouma Marthie was beslis senuweeagtig oor die gevliegery, en kort kort moes ons weereens dinge verduidelik oor die doeane mense. Die twee mense stap 'n reguit pad met die gereg, geen verneukery of kullery vir hulle nie. Ouma was so bang vir die doeane mense dat sy maar die ou sinus pille gepos het, dit het mos nou codeine in en hier in Oz kry mens nie sulke pilletjies nie. Nou wag ons maar vir die pos, en wragtag doeane het dit gecheck en getoets, dis nou die pille wat deur die pos gekom het.

So het ouma-hulle nou laas sondagaand hier geland. Dit was net snot en trane by die arriveer saal toe hulle daar uit stap. Die mense was maar gedaan van die lang vlug en die twee het tot laat die volgende oggend geslaap. Dit het maar 'n paar dae gevat om van die jetlag ontslae te raak maar nou is die twee aangepas en in hulle roetine hier.

Ons het besluit om vir die eerste week die twee te vat op die langpad, so al langs die kus af hier verby Frankston na Portsea en met die ferry oor na Queenscliff en van daar tot in Portland en toe weer binneland toe na die Grampians. Ons het met die ferry vanaf Portsea gevaar na Queenscliff en vandaar al langs die Great Ocean Road gery tot by ons eerste oornag stop. Ons het in Apollobay geslaap en die volgende dag die pad aangedurf na Warrnambool. By elke uitkyk punt is ons uit om te gaan kyk na die scenery, Ouma was nie baie lus nie want dit was maar koud en reƫnerig al die pad. Daar was die mooiste reenboƫ gewees en op party plekke sommer so twee oor mekaar. Die kleure was duidelik en helder en jy kon die begin en die einde van die reenboog mooi sien. Ek wonder waar was die pot goud dan!

Die volgende dag oppad na ons tweede oornag plek het ons na die Twaalf Appostels gaan kyk asook na die London Bridge. Ons het so baie gestap dat mens se voete naderhand begin pyn het, maar dit was beslis die moeite werd gewees. Ons het oorgeslaap op Warnambool en vandaar het ons die volgende dag vertrek na Portland. Dit is beslis 'n dorp(ie) waarna toe ons sal terug moet gaan.

Vrydag het ons die pad na die binneland gevat en ons eerste stop was op Hamilton, ook ‘n baie mooi dorp om wee rte besoek, dit het die mooiste tuine en kerktorings. By die toeriste inligtings kantoor het ons kaarte gekry van die Grampians area. Daar het ons na twee watervalle gaan kyk alvorens ons die pad aangepak het na Cavendish. Dit is nou ‘n dorpie wat enige ou maar kan besoek, die landskap is baie mooi en die rivier laat toe vir baie mooi foto’s, maar die beste atraksie van die dorp is beslis die kos. Hier het ons middag ete geniet, en mense ons kon dit nie eens op eet nie. Ons het die “challenge” gevat en die 4kg hamburger bestel. Die hamburger pattie alleen weeg 1.5kg, ‘n bielie van ‘n burger as jy nou ooit al een gesien het. Ons kon dit nie alles verorber het nie, en dan was Christiaan by gewees.


Vandaar is ons na Balmoral oppad na ons bestemming vir die naweek. Die van julle wat nie kan onthou, ons vorige besoek aan Balmoral was nogal histeries snaaks gewees. Ons het so lank gewag vir ons kos in die hotel, die tyds verloop vandat die eerste ou sy kos gekry het tot die laaste een was meer as 2 ure gewees.

Dit was heerlik rustig so in die “bosveld” gewees, ja hier kan mens dit nie bosveld noem nie, maar heng dit voel so. Ons batterye is gelaai en ons het lekker gerus.