Sunday, December 13, 2009

Handtjies klap, koekies bak, . . . . .

Wel dit is wat boeta onder andere gedoen het die laaste week van skool. Die laaste week was maar net orientasie na die volgende graad asook ander aktiwiteite wat hulle kon gekies het. Hy het besluit om te gaan surf en te kook.

Volgens hom kan hy tenminste op die surfboard regop staan en bly na die lang dag se oefening, maar dit was erg fisies eintlik vir hom want hy is so uiters onfiks. Die koekies bak is vir minder bevoorregte mense gemaak en dit het hulle (die kinders) die hele dag gevat. Hy was natuurlik baie trots op sy "creations" maar ek was eintlik baie skepties om my mond daaraan te sit. Die vrugte koek (klip) het na Alex gegaan want hy is die enigste een in die familie wat dit eet, buiten skoonma natuurlik. Volgens Alex was dit heerlik, maar vir my het dit soos 'n ton klip gevoel.

So die vakansie gaan ons bietjie koekies bak en Christiaan gaan ons kerstafel versiering maak met gemmerkoekies. Hoe dit gaan uitkom sal ons maar moet sien, maar ek sal julle verseker op hoogte hou van die kreasie.


No comments:

Post a Comment