Saturday, December 19, 2009

Preston Mark















Hier in die omgewing rond is 'n paar markte waar jy na hartelus kan rondloop en alles en nog wat koop. Die Preston Mark is so twintig minute se ry van ons huis af, en dit laat my nogal dink aan die Oriental Plaza.

Hier is die mark ingedeel is so 3 areas, jou vars groente en vrugte, jou vars vleise en deli's en dan al die ander snuitery en klere.

Die vars vleis en deli mark gedeelte is nogal iets om aan gewoond te raak. Al die vleise en visse wat so uitgestal is in hulle stalletjies laat my skoon die rillings kry die oggend, maar ons beproef toe dit. Ons loop toe so van die een na die ander stalletjie en bekyk die pryse. Vleis is nie goedkoop hier nie, al is dit vleis wereld. Vir skaap betaal jy enige iets van $15 en meer, en vis is so van $13 en meer, gewoonlik meer. Om iets soos Gammon te kry moet jy dit vooraf bestel, dit is nie in die algemeen bekombaar nie. Dit vind ons toe uit nadat ons nerens Gammon kan kry vir Kersdag nie. Ons is ook gewoond om lekker boude of selfs heel stukke vleis te kry wat lekker gemarineer is in Suid Afrika, wel hier kry mens dit nie. Jy moet soek, van Coles tot Woolworths/Safeway (en nee dis nie ons tipe Woolies nie) en verder om so iets te kry. Die vleis snitte is nie soos wat ons gewoond is nie, dit is HEELTEMAL anders, maar jy raak daaraan gewoond.

Die deli afdeling was vir my die mees interresantste. Hier het ons by 'n deli vasgehaak en toe maar gevra (en lekker geproe) watter tipe worsie en koue vleise is nou wat. 'n Baie vriendelike verkoopsman het ons gehelp, soveel so dat ek verniet worsies gekry het om te probeer by die huis. Selfs Susan (die is al 17maande hier) was nogal impress met die ou se verkoops vernuf.

Die vis in die mark het ek heeltemal geskip, my maag was net nie sterk genoeg vir al die reuke wat dit gekry het nie. Ek moet net se hier is 'n verskeidenheid van "Butchers", by die bedoel ek nou jou Asiers, Russe, Hongare ens. Wat nog meer die maag omgekrap het is die koppe en al die ander goed wat so in die vertoon vensters gele en wag het. Ek gril sommer van vooraf . . . . .

Die groente mark is kleurvol en dit ruik soet as jy so van die een na die ander een stap. Hier kan mens ook 'n duidelike onderskeid tref tussen jou verskillende rassegroepe. Die Asiers se groente is goed wat ek nog nooit gesien het nie, wat die goed se name is weet ek nog minder, so ek het maar net verby gestap en baie vrae gevra, maar die ouens kon mens ook nie lekker verstaan nie. (ek wonder parytkeer waar het hulle hul engelse toetse gedoen)

Die vrugte is mooi en indien jy nie seker is of dit reg is of selfs as jy dit eers oor 'n week wil gebruik dan help die jou mooi en verduidelik wat is beter en wat is nie. Hier kry mens 3 verskillende tipe aartapels, die met so 'n rooi skil, dan die wittes soos ons gewoond is en dan natuurlik die wat lyk of dit nou net uit die grond getrek is. So koop mens maar die verskillendes en probeer uitvind nou watter koop mens nou eintlik. Wat ek toe uitgevind het is dus die volgende, indien jy braai aartappels wil maak dan koop jy die rooiskil aartapel, as jy mash wil maak dan koop jy die witte en die beste om eintlik te koop is die vuil een want die hou blykbaar die voedingstowwe langer binne. Wel ek sien nie kans om elke keer daardie bleddie vuil aartappels te skrop nie (al is hulle goedkoper) dit vat tyd en na die tyd lyk dit of jy lekker modder koekiers gebak het in plaas van om kos te maak. So ek koop maar elke keer die rooiskil een en dit werk vir my. Trial en error en so vind jy dan uit wat werk ook maar en wat werk nie.

Hier is ook maar 'n paar lekker snuitery winkels waar jy ure tyd kan in spandeer om net te sien wat het hulle alles. Vir die Celeste het ek toe 'n paar sneakers gekoop vir $5, gewoonlik is dit so by die $50 vir 'n paar. Dit was vir my 'n bargain mense.

Ek sal die kinders maar eendag hierheen bring sodat hulle daar deur kan loop en kyk en natuurlik proe wat is beskikbaar want nie almal se "tastebuds" is dieselfde nie. Susan staan by een so 'n kos stalletjie, eers het ek my neus opgetrek, maar na die tyd het ons daar gaan eet. Dis amper 'n tipe van 'n pannekoek met 'n filling in, net dit is nie pannekoek deeg nie. Dit was baie lekker, en om die dood kan ek nie onthou watter tipe nasie se kos dit was nie. Sal dit maar net weer moet gaan opsoek.

No comments:

Post a Comment