Wednesday, August 1, 2012

Keuses.

Vandag lees ek op FB die volgende vraag wat deur Sarie tydskrif aan matrikulant ouers gevra word: "Is jy as ouer bekommerd oor wat jou kind moet gaan swot te midde die hoe werkloosheid syfer van gegradudeerdes?" Tans is ons besig om vir ons tiener tweeling dogters vakkeuses te bepaal vir jaar 11. Hier in Ozland begin die kinders eers in Gr11 om werklik voor te berei vir hulle finale jare op skool en die toekoms. Vakkeuses word hier gedoen om grond waarvan jy hou. Dit word nie bepaal deur spesifieke vakke soos wat ons so gewoond aan was nie. Hier het die kinders keuses en dit gaan baie interresant wees om te sien wat my twee se keuses gaan wees. Die een stel nie regtig belang om universiteit toe te gaan nie waar die ander een 'n doelbewuste keuse maak om vakke te kies wat sal verseker dat sy wel genoegsame krediete sal kry vir haar ATAR. Daar is vakke wat geneem kan word wat jou die gewone HSC (matriek) sal gee, jy mag dalk nie noodwendig eksamens skryf nie, en ander weer wat van so 'n aard is dat een maal 'n week na die Tegnikon toe gaan asook 'n interim werk. Die keuses is so wyd hier dit raak baie tegnies dit maak selfs die Ozzies deurmekaar. Die universiteite bring vroegtydig elke jaar die opgedateerde toelatings vereistes aan vir elke vak rigting en sodoende kan die kinders krediete opbou vir daardie rigtings. Dit maak nie eintlik saak wat die kinders besluit om te vat nie, ek as ouer is eintlik gerus daaroor want wat hulle ookal besluit om te doen ek weet aan die einde van die dag sal daar 'n plekkie vir hulle wees. Hulle sal kan werk kry en sodoende vir hulself kan sorg. Vir al die duisende ouers daarbuite wat nagte wakker le oor hulle kinders se toekoms wil ek net se die wereld is groot hulle sal hulle plek vind en ook nie noodwendig in die land waar hulle die opleiding gekry het nie.