Thursday, November 5, 2009

Wonga Park Christian Reform Church




Die gemeente is nou nie so groot soos wat ons by Wierdapark Suid was nie, maar hier is 'n hele klompie Suid Afrikaners. Die getalle lidmate wat Afrikaans of Suid Afrikaans is word gereken so by die 60%. Die predikantspaar is Thinus en Ina du Preez en hulle is omtrek so vyf en 'n half jaar al in Melbourne. Dis 'n ouerige predikant en hy is beroep na die gemeente nadat hy vir so ses maande by 'n ander gemeente in Box Hill uitgehelp het. Die dienste is meestal in Engels en dan so een Sondag in 'n maand word 'n Afrikaanse diens gehou. Die mense kom dan van heinde en ver om na die preek te luister. Daar word dan sommer ook lekker in Afrikaans gekuier na die tyd.

Die kerk begin so tienuur op 'n Sondag en eindig so halftwaalf. Dit gooi 'n ou se dag maar lekker deurmekaar. Christiaan het sondagskool van so kwart voor tien tot so half elf en dan kom hy die kerk binne en luister saam met ons na die preek. Die ander kinders is saam met ons in die kerk tot so half elf dan gaan hulle uit vir Sondagskool.

Hier doen elkeen maar sy deel en elkeen kry sy beurt om die kerk skoon te maak asook om tee te skink en daarna die opwas.

Ek het besluit om deel te wees van die bybelstudie groep wat so elke twee weke bymekaar kom by 'n boekwinkel in Whitehorse Rd. Dit is nie iets wat ek voorheen gedoen het of belang gestel het om van deel te wees nie, maar ek moet se dit is heerlik om ander mense se standpunte en hulle oogpunt van Christenskap te sien. Ek word beslis verryk hierdeur.

No comments:

Post a Comment