Sunday, November 1, 2009

Self help kassiere . . . . . .

Toe ons hier aanland in Melbourne en gou gaan om 'n paar noodsaaklike groceries te koop was ons absoluut verstom oor hoe maklik dit is om te betaal vir jou aankope. Moet my nou nie verkeerd verstaan, dit is maar presies dieselfde hier as in Suid Afrika. Jy het nog steeds jou trollie of mandjie, jy staan in 'n ry en betaal. Waarvan ek praat is die selfhelp kassier lyn. Ons moes verseker soos 'n paar verdwaasde, selfs gestremde of beter dalk soos bobejane gelyk het toe ons die betaal manier gesien het.

Hoe is dit moontlik, het dit deur ons koppe gegaan dat jy doen jou aankope, dan gaan jy na die till, en dan lui jy self jou aankope op en betaal dan daarvoor. Soos dit maar ons natuur is begin ons dadelik dink hoe sal die metode gemanipuleer word in Suid Afrika. Hoe maklik sal die ouens slenters uitdink om die till te verneuk. Daar is geen manier dat so 'n betaal punt enigsins in enige Pick 'n Pay, Checkers of enige ander winkel sal werk nie. Die mens sal dit omsyl tot hulle eie voordeel.

Hoe dit werk is jy vat jou mandjie, (sal nou nie lekker werk as jy die maand se aankope doen nie) sit dit op die kant (dit is 'n elektroniese weegskaal) en jou mandjie word geweeg. Aan die anderkant sit jy jou sak en dan begin jy die groceries scan. Soos jy die een uithaal, scan en dan in jou sak plaas weeg dit die een teenoor die ander een op. Wanneer jy klaar alles gescan het dan druk jy op die skerm om te wys jy wil betaal. Dit check dan dat jou oorspronklike gewig ooreenstem met die groceries wat jy gescan het se gewig, indien die skale happy is kan jy voortgaan om te betaal. Indien jou sak vol is en jy dalk twee of meer sakke nodig het is daar nog 'n plekke vir jou om die vol sak op te sit, die het ook 'n skaal. Daar is 'n liggie aan die onderkant van die scanner wat groen of rooi sal wys en daarvolgens kan jy sakkies afhaal en oorsit. Jy kan of kontant betaal deur die geld in 'n gleuf in te sit of met jou kaart. Sodra die transaksie afgehandel is loop jy en die volgende ou kan dan sy transaksie doen. Jy het natuurlik 'n probleem indien jou gewig nie ooreenstem. Indien daar fout is dan gaan daar 'n alarm af en jy kan nie jou transaksie voltooi nie. Daar is redelik vinnig iemand daar wat kyk wat is fout en ook deur jou aankope gaan om seker te maak daar is niks verdag nie.

Ons probeer dit nog lekker uitwerk, maar die twee keer wat ons dit tot dusver gebruik het moes iemand ons kom help omrede ons iets fout doen. Alex wil nog 'n boffin raak op die manier van aankope want dit fascinate hom totaal en al.

No comments:

Post a Comment