Wednesday, November 11, 2009

Die Vis . . . . .

Christiaan het die vorige langnaweek saam vriende gaan kamp by Cape Patterson in Wonthaggi.
Die eerste dag wat hulle daar aangekom het, het hulle bietjie gaan visgevang. Nou almal van julle het iemand of ken iemand wat al 'n storie van 'n vis vertel wat of weggekom het of het net nie die bewyse daarvoor soos 'n foto of so. Wel hier is nog een . . . . . . ..

Dit was so laat middag (die son gaan mos bietjie laat onder hierso) en die ouens het besluit om maar die lyne bietjie nat te maak in die see. Christiaan het 'n visstok by Marius geleen aangesien syne nog op die skip is. Terwyl almal so by die poele rond staan en hulle stokke regkry kyk die manne die see so bietjie uit. Die hele dag was daar mense wat daar visgevang het, maar die vissermanne het nie veel gekry. Die manne staan nog so rond en die volgende oomblik sien Christiaan maar hier is dan 'n groot vis in die poele waar hulle staan. Hy besluit toe bogger die visstok en so druk hy toe sommer sy hand in die poel en trek die vis met sy stert uit.
Dit is toe ook nie sommer 'n vissie nie dis 'n VIS. Dis ook nie net 'n VIS nie dis 'n flippen HAAI.
'n HAAI mense wat so tussen die poele baljaar.
Die haai is so 3ft of te wel 1meter lank.
Ons vra toe vir die bewyse en al wat Christiaan kan doen is sy skouers optrek en se niemand het 'n kamera of 'n selfoon bygehad wat dit kon afneem nie. Marius bevestig toe dat hy wel die haai kaalhand gevang het.
So nou kan Christiaan ook vertel van die vis wat hy kaalhand in die see gevang het. Of almal hom sal glo sal ons maar moet sien.

No comments:

Post a Comment