Sunday, November 1, 2009

Sagte bal

Die tweeling het hierdie week gaan sport doen tydens skooltyd. Hulle het gaan sagtebal speel in Waverley. Daar was tussen 300-400 kinders daar. Die wedstryde het die oggend seker so tienuur begin en die kinders was terug so teen half vier die middag. Hulle het dit geweldig baie geniet, en was nogal pootuit Die beste van alles is dat daar 'n afrigter na hulle toe gekom het en hulle toe gerecruit het vir klub sagtebal. Die vrou was so impress met die girls dat hulle dadelik plek in die span gekry het. Volgens haar het sy die hele dag so tussen die wedstryde beweeg het en gekyk het na al die kinders se wedstryde. Van almal was sy baie beindruk met die twee se spel, veral met Celeste wat tydens een van die wedstryde "geslide" het na die bof. Dis iets wat hulle nie sommer hier sien gebeur nie. Hier speel almal "safe".

Die meisies het gaan oefen Woensdagaand en is toe opgeneem in die Waverley Glen span. Hulle het Saterdag hulle eerste wedstryd gespeel, en verloor. Die span teen wie hulle gespeel het was goed, die girl wat pitch is vrek vinnig en die meisies het maar gesukkel om die bal raak te slaan. Celeste en Nicolette was slegs twee van 3 wat dit kon regkry om die bal raak te slaan en sodoende kolwers huis toe gebring, wat natuurlik punte beteken. Die afrigter het gou agter gekom dat die ander span staat maak op die pitcher se goeie pitching, toe dit weer Waverley se beurt was om te pitch het sy 'n stadiger pitch in gesit. Deur dit te verander het die ander span natuurlike goeie houe ingekry en die balle het telkemale deur die lig getrek, maar die voordeel hiervan was dat die veldwerk goed was en die kolwers is uitgehaal na mekaar sonder dat hulle punte kon aanteken.

Sal foto's opsit sodra ek dit op my rekenaar gestoor het.

No comments:

Post a Comment