Sunday, November 1, 2009

22 Glenorchard Close



Hier is ons huis vir tenminste die volgende 12 maande. Indien moontlik selfs nog langer. Die huis is in 'n cul de sac en dit klink of hier ontrent net immigrante bly. Die bure het ook kom kennis maak dieselfde dag wat ons ingetrek het. Langs ons (regs van die garage se kant) bly of Italianers of Portugeuse ou mense. Klink of hulle sieklik is, maar baie vriendelike ou mense. Twee huis op van hulle bly Grieke, die ou omie het met Alex kom kennis maak terwyl hy buite besig was.

Die huis is ruim genoeg vir ons om te beweeg sonder om in mekaar se hare te wees. Dis nou nie so groot soos ons huis in Eldoraigne nie, maar ook nie so klein soos ons huis in Eldo Meadows nie. Die kamers is lekker ruim en Christiaan het vir die eerste keer hierdie jaar 'n behoorlike slaapkamer. Al probleem is die huis het net twee badkamers. Dit beteken dat 'n tydskedule uitgewerk moet word om sodoende tyd in die badkamer aan elkeen toegeken te kry om verder te verseker elkeen is betyds klaar vir skool elke oggend en kerk op Sondae.


No comments:

Post a Comment