Monday, November 23, 2009

In die begin van die week het ons 'n sessie by die skool bygewoon waar daar spesifiek oor internet gebruik gepraat is. Daar was 'n vrou wat as die "Cybercop" bekend staan wat die hele seminaar aangebied het. Wat baie interresant was is die feit dat die boelie wat gewoonlik op die speelgronde plaasgevind het nou verskuif het na die kuberruimte. Baie meer kinders sal nou deur hulle selfone of internet getarget word vir boelie. Hier in Australia is dit 'n kriminele oortreding indien daar gevind word dat jy 'n kind deur die kuberruimte geboelie het. Hier vat die ouens nie nonsens nie. Die kinders is ook aangeraai om deur hulle FB te gaan en te gaan kyk wie presies is nou al jou vriende wat jy daarop het, en is dit mense wat jy regtig ken of is dit iemand se boetie se nefie se tannie. Selfs die bluetooth wat op die selfone beskikbaar is, is 'n probleem, want volgens die vrou is niks ooit gedelete vanaf die internet sodra dit eers eenkeer gepubliseer is nie. So het sy die kinders lekker uitgevang wat se bluetooth aan is en die name wat hulle hulself toegeken het is skokkend. Jy sal nooit weet wie sien alles raak wat jy nie graag wil he moet dit raaksien nie. My kinders het dadelik al hulle passwords en sekuriteit op FB gaan verander na die vrou se geselsie.

Die week was andersins stil en hier het nie veel aangegaan by ons nie. Dit was baie warm die week. Indien die temperatuur bo 39 styg sal die kinders nie skoolgaan die dag nie. Ons bly naby baie natuurreservate, boomryke en plattelandse areas en dit is 'n probleem wanneer die kom by die brandgevaar. Vrydag het die hitte so opgebou dat daar uiteindelik 'n lekker bui reen uitgesak het, en saam met die reen toe kom daar natuurlik weerlig. Dit veroorsaak toe brande in die omliggende areas, so alhoewel dit lekker reen is die brandgevaar soveel groter indien daar weerlig is. Die mense is baie bang hier vir weerlig.

Saterdag het die meisies weer sagtebal gehad. Die 2ling speel vir Waverley Heights en Clarissa vir Falcons. Sy speel twee wedstryde op 'n naweek. Die 2ling is deel van die bluesocks en die groep oefen ekstra tye op Woensdae aande en Sondae. oggende. Die bluesocks speel tussen al die Victoria klubs en daaruit kies hulle groepe wat dan weer tussen al die ander state speel. Uit daar die groep kies hulle dan nasionale spanne, en volgens die 2ling se afrigter staan hulle 'n goeie kans om vordering te maak in die groep. Ek sien deesdae staan Celeste se kop sokker se kant toe.

Ons het Saterdag na die wedstryde gaan potjie hou by Anli en Roelf, en Christiaan het net Xbox gespeel die hele tyd. Omtrent elke Saterdagmiddag en Sondag sal Christiaan na Ani-hulle se huis gaan en homself tuis maak by Roelf agter die Xbox speler. Die twee sal dan vir ure aanlyn speel met ander spelers.

Ons container is deur doeana en kwarantyn en dit blyk dat daar geen issues is nie. Hoera!! Volgens die agent behoort hulle Woensdag ons goed af te lewer. Dit sal so twee dae vat om alles af te lewer en die meubels uit die bokse te kry. Gelukkig is dit nie te warm hierdie week so ons voorsien geen probleme nie. As dit te warm word hier dan werk die mense ook nie buite nie. Die ouens is verskriklik erg oor "working conditions" hier. Die mense in Suid Afrika sal dit sien as 'n klomp "woesies".

Alex gaan ook hierdie week vir sy motorlisensie, so ons hou maar duim vas dat alles goed gaan afloop.

Groete vir eers.

No comments:

Post a Comment