Wednesday, November 11, 2009

Alex verjaar in die vreemde

Alex se eerste verjaarsdag in die vreemde. Vrydag oggend het aangebreek en die kinders het hom geluk gewens met sy verjaarsdag. Hulle is skooltoe en ek het my kursus gaan bywoon. So was hy die hele oggend alleen en by homself.

Ons het die middag vir 'n heerlike middagete by die Living Lounge gegaan, en daarna het ons die kinders by die skool gaan oplaai. Die aand sou ons maar rustig by die huis deurgebring het en net hoender met slaai ge-eet het.

Ek het op my mails gegaan en gesien daar is so 'n uitnodig vir 'n braai die aand 7uur. Net daar en dan besluit ons toe om te gaan. Dit is gehou by Muriel en Mark Rynhoud se huis. Hier besluit die mense op die ingewing van die oomblik en nooi mense oor. Jy kry sommer net 'n uitnodiging deur 'n mail of sms en wie ook besluit hy wil daag op. So vier ons toe maar Alex se verjaarsdag saam met wildvreemde mense en kuier tot twaalfuur die nag. Almal het so lekker gekuier dat tyd absoluut stil gestaan het.


No comments:

Post a Comment