Sunday, October 18, 2009

Week 3 in Australia

Hierdie week het die kinders begin skool gaan en die gesigte was nie altyd vreeslik opgewonde wanneer dit by opstaan tyd gekom het nie. Die son gaan laat onder en ons het ook omgeskakel na daylight saving. Nou vir die wat nie weet daylight savings is wanneer die dag 'n uur of wat aanskyf hier in Melbourne. Ons horlosies is Sondag met 'n uur aangeskuif. So in effek begin ons vroeer met skool en kom dan vroeer uit. Die son gaan eers na nege hier onder. So met daylight savings kry die mense meer daglig tyd om te ontspan. Nie dat ons regtig kan ontspan nie want dit was hierdie hele week maar in die lae 10's, en dit het elke dag gereen. Dit was maar 'n gesukkel om die wasgoed droog te kry.

Die kinders se roetines het so 'n bietjie verander. Elkeen kry nou beurt vir kombuis, wasgoed, badkamer & toilet skoonmaak en dan die skottelgoedwasser wat uitgepak moet word en die asblikke. Christiaan moes hierdie week die sorg dat die kinders se wasgoed gewas is, en al moet ek self so se het hy hom goed van sy taak gekwyt.

Die land is fanaties wanneer dit kom by recycling. Hier het ons 3 asblikke, 1 vir die tuinafval, 1 vir die gewone kombuis afval en dan 1 vir die recycling goed. Hier word bottels, glas, blik en bokse gerecycle. Jy het twee asblikke in die kombuis vir die doeleindes. Ek moet se dat ons asblikke nie naastenby so erg lyk in die week wanneer dit tyd is vir kolleksie nie. Die recycle blikke word elke tweede week gehaal, so een week is dit die gewone gemors en recycle goed, die volgende week is dit gewone gemors en die tuin afval. Jy moet ook nie asblikke te hoog opstapel nie want dan los hulle dit ook. Dit is net een ou wat die lorrie bestuur en ook al die asblikke leeg maak, so moenie hom te veel oorlaai met gemors nie.

Die kinders se skool week het vinnig verby gegaan. Daar is vinnig vriende gemaak wat sekerlik die aanpassing makliker vir hulle gemaak het. Die 3 grotes het hulle rekenaars gekry Woensdag en alles word daarop gedoen. Omrede dit 'n Christelike skool is het hulle elke dag eers lofprysing vir so 'n kwartier na 'n halfuur in die oggende en daar word spesifiek op dinge gefokus vir die maand. Op hulle rekenaars is die bybel ook gelaai want baie van die skool vakke het 'n Christelike onderslag en dan word daar uit die bybel aangehaal. Ek dink vir die kinders se eie groei in hulle Christenskap is dit 'n goeie ding. Mag hulle tog ook net mekaar meer verdraagsaam wees.

Ek en Alex het afsprake vir ons leerling lisensie en persepsie toets die komende week, en eers in Desember kan ons dan ons omskakeling doen van die bestuurslisensie. Soos al voorheen genoemn werk meestal van die prosesse hier met 'n kaartjie stelsel. Jy kry 'n kaartjie by die info en dan wag jy tot jou nommer geroep word. Dit is partykeer regtig kostelik om te sien hoe mense reageer as hulle sien wat die volgende nommers is wat geroep word en wat hulle nommer is. Ons het ook gedink sjoe dit gaan lank vat want daar was dertig nommer voor ons, maar ons is gehelp binne 15 - 20 minute. Die hele proses vloei mooi.

Alex het ook die week gegaan na 'n byeenkoms van profesionele, besigheids en beroeps mense. Die ouens kom so een maal 'n maand bymekaar en dan network hulle. Dit help die nuwe ouens wat moet inskakel en dit help ouens om hulle self te bemark. Daar is altyd iemand met raad of wat weet watter manier moet jy jouself bemark, want die Ausies is maar 'n geslote nasie wanneer dit kom by werk. Hulle sal eerder 'n Ausie aanstel alvorens hulle iemand anders aanstel. Die Ausies dink regtig ons is 'n klomp arrogante en baasspelerig mense. Dit is maar net omdat ons gedrewe is en 'n sukses van ons lewens wil maak.

Ek het hierdie week begin met 'n kursus om MYOB te leer. Dit was maar 'n bietjie boring, maar dan aan die anderkant help dit om te verstaan hoe die mense dink. Die kursus is 'n hele agt weke lank. So dis maar tande kners vir agt weke lank.




No comments:

Post a Comment