Saturday, October 24, 2009

Mornington Peninsula





Ons het besluit om 'n bietjie rond te ry terwyl die kinders in die skool is. Ons het na Hasting gery vandaar is ons al langs die kus af na Portsea en het 'n heerlike middag ete by Sorento ge-eet.

Soos mens langs die kus langs ry sien jy net plase. Selfs die beeste is so lui dat hulle wei terwyl hulle le.

Die eerste drie foto's is waar ons by Cape Schank is. Die uitsig is stunning. Daar is 'n loopplank tot onder by die see, maar ons was nie baie lus vir die baie trappe terug. Daar is ook 'n Lugtoring wat jy kan besoek. Ons sal die kinders bring dan explore ons dit saam.

Die laaste foto's is by Hastings en aan die agter kant kan jy French Island sien.

Die pelikane met die bote aan die agterkant vas gedok is mooi. Hier het ons lekker koffie gedrink. 'n Aangename dag was dit verseker.

No comments:

Post a Comment