Sunday, October 18, 2009

Borskanker byeenkoms

















Saterdag was ek genooi om saam te gaan na 'n borskanker tee / middagete. Nou dit was ook interresant gewees. Ons is 11uur weg en eers 4uur die middag terug. Ons klomp het beslis nie gedink dit gaan so lank vat nie, maar om julle net 'n idee te gee hier is 5 minute die ekwivalent van 'n halfuur of selfs langer.

Hier het ek die eerste prys vir die dag gewen, 'n groot pakkie met allerhande "dinge" in. Met vorige ondervinding waar dit kom by borskanker funksies het jy maar altyd iemand wat praat oor die moet's en moenies, waarna gekyk moet word ens. Hier was geen sprake daarvan gewees nie. Ons het 'n heerlike middagete gehad en daarna 'n "clown" van vrou. Sy spesialiseer daarin om mense te help lag. Nou kyk die eerste 5 minute mag dalk snaaks gewees het, maar na dit was dit geensins meer snaaks nie. Anli, 'n vriendin wat ek in Februarie ontmoet het, het haar pamflet gevat en gesien sy doen korporatiewe funksies. Ek dink nie sy sal eers 5 minute hou in 'n korporatiewe omgewing wat ons gewoond is nie. Dit was op die ou einde 'n hele spektakel gewees. Ons het ook een van Chanel 9 se nuuslesers gehad wat ons toegespreek het. Wat 'n down to earth mens. Die ou het ons kos bedien en daarna in die kombuis gehelp opruim. Nou waar in Suid Afrika sal jy sien dat iemand soos Rian Cruywagen dit ooit sal doen. Nie maklik nie.

Die Suid Afrikaanse gemeenskap is vinnig om mense by te staan en is baie behulpsaam, die klompie dames is almal tussen 5 jaar en korter in die land. Van die vrouens se kinders is ook in Donvale Christian College.

No comments:

Post a Comment