Sunday, October 25, 2009

Kuier gaste



Vanaf dag een wat ons in die tydelike huis ingetrek het, het ons kuiergaste gehad. Ongenooid het hulle hulself tuisgemaak in die swembad. Elke dag kom hulle en baljaar in die groen swembad. Dit is seker om hulle self weer skoon te maak, want sodra hulle uit die water is word is dit 'n gefaffery tussen die vere in om alles weer mooi te kry.

Dit is aanskoulik om te sien hoe baljaar hulle in die water. Ek wonder net oor die groenwater, maar hulle put groot plesier daaruit.

No comments:

Post a Comment