Thursday, October 1, 2009

Arriveer in Sydney Australia

Die laaste twee weke in SA was besig. Om alles gepak en op die container te gekry het was "HECTIC", maar ons het dit gemaak.

Die vlug van Suid-Afrika na Sydney was in baie opsigte 'n nagmerrie. Die vlug was "bumpy" en baie beknop en volgeboek. Daar was nie 'n plek vir 'n muis daarop. Die landing was nie veel beter gewees want daar was wind sywaarts en die vliegtuig het maar lekker geskuif oor die aanloop baan. Gelukkig het die kaptein sy job geken.

Die paar dae in Sydney was heerlik, en die kinders het dit geniet. Die papierwerk wat ons hier kom doen het was so tydsaam. By die bank as jy inkom neem jy dan 'n kaartjie met 'n nommer op, afhangende van wat jy doen. Die nommer word dan uitgeroep en so word werk afgehandel. Die kinders het hulle self simpel gelag oor die mense en hulle reaksies op die "ticketmachine". Ons het letterlik 'n dag gespandeer aan papierwerk en dit net om 'n kar gekoop te kry en finansiering te kry. Hier gebeur niks sommer net so nie. Alles is 'n proses en vir alles wat jy aangeneem het in Suid Afrika moet so werk, wel dit werk nie so nie. Hier is 'n ou wat die kar vir jou wys en verkoop, dan is hier iemand wat die finansiering doen, dan is hier iemand wat die venster tinting en sekuriteit op die vensters doen. Niks gaan deur net een persoon nie, dit is van een mens na 'n ander na 'n ander. Dit voel naderhand of jy die hele dealership leer ken het.

Ons het Woensdag 30 September in Melbourne gearriveer. Dit is nou ons nuwe tuiste. Hier moet ons nuwe vriende maak en onsself inburger. Die huurhuis is nie bad nie, moet net gewoond raak aan hoe dinge hier werk. Hier moet ons recycle en die ouens is fanaties oor rycycling. Ek lag so lekker as ek sien hoe rigting beduiweld Alex en Christiaan raak. Ek werk altyd op bakens en nie soseer rigting.

Die kinders het darem aanklank gevind by hulle ou maats en die het lekker gekuier vir 2 dae. Hulle is gewys waar hulle skool is, en hulle is glad nie impress om nou so ver te stap skool toe en terug nie. Maandag begin die skole weer hier dan gaan ons die kinders inskryf by die verskillende skole.

Ons het ook intussen begin kyk na huise om te huur op 'n permanente basis en dit lyk ook na 'n proses. Hier werk dinge anders as in Suid-Afrika. Hier is dit nie wie eerste die huis besigtig en vat nie, maar hier doen almal aansoek vir die huis en dan keur die agent jou en dan besluit die eienaar op gronde daarvan wie huur sy plek. Fun!!!!!

No comments:

Post a Comment