Sunday, October 4, 2009

Week 1 in Australia

Dit is nou 'n week wat ons hier is. Dinge werk beslis anders hier soos om byvoorbeeld koffie te bestel. Dis of 'n long white, long black of skinny white maar geen filter koffie. Jy word aangekyk asof jy van mars afkom. Ek kan wel noem dat koffie hier beslis lekkerder is as in Suid-Afrika, dit is selfs lekkerder as Wimpy sin. Hulle cuppichino's is baie lekker, geen room, maar as jy dit kry lyk asof daar dik room oor is.

Ons het bietjie rondgery en jy kan nie glo hoe mooi die natuur hier is (nie dat dit nie mooi in Suid-Afrika is nie), maar binne 'n halfuur ry jy paaie met dieselfde natuurskoon soos in Magoebaskloof of selfs soos in 'n wildreservaat. Die natuur verander verskriklik vinnig hier. Ons het selfs in Kommetjie gery of aldus so het ons gedink. Dit is so oppad na Geelong en die natuur en see is ongelooflik mooi en skoon. Die see was bietjie rof want ons wou die ferry terug gevat het, maar ek het nie kans gesien vir die skommeling nie. Ons sal 'n volgende keer met die ferry terug Melbourne toe. Dit opsig self moet 'n belewenis wees veral vir die kinders aangesien ek en Alex reeds in Griekeland tussen die eilande met die ferries gery het.

Die mense kyk jou maar lekker skeef aan wanneer jy iets bestel en jy kyk hulle met 'n blank gesig terug. Partykeer praat hulle so vinnig of selfs so onduidelik dat jy nie kan uitmaak wat hulle vir jou gese nie. Hier eet die mense ook nie in restaurante soos ons gewoond is nie, maar meer in tipe van gourmet cafe of wegneem etes. Die areas is groot waar die mense kos bestel en daar is orals tafels en stoele om te sit. Hier raak die messe en vurke nie weg nie. Die mense sit daar en eet en doen dan verder hulle dinge. Nie soos ons wat wegneem etes koop en dadelik huistoe gaan nie. Hier kuier die mense in die "foodhalls". Dit is skoon en netjies.

Ons het 'n atletiek klub vir die kinders gekry met profesionele afrigters. Dit kos jou ook nie ekstra vir die afrigting nie, dis deel van die klubfooie. Hier fokus die mense ook nie op prestasie nie, so as jy vandag net nie lus voel dan ploeter jy maar net voort, volgende keer presteer jy weer. Hier kyk hulle eerder na jou persoonlike beste teenoor waar ons gewoond is teenoor mekaar. Hier word elkeen beloon en nie net die bestes nie.

Die kinders word die week ingeskryf by die skole en dit is huis soek met alle erns. So later meer daaroor.

No comments:

Post a Comment