Saturday, October 24, 2009

Piekniek in die natuur.


Ons het vanoggend besluit om weereens 'n bietjie rond te ry en om die omgewing te gaan verken.

Alex het besluit om na die Yarra Range Natuur reservaat te gaan en dan piekniek daar te gaan hou. Die son was uit, die kar gepak en ons almal gereed vir die uitstappie.

Die van julle wat dalk nie weet, in die begin van die jaar so Februarie was hier groot brande in die Melbourne "rural" areas. Nou rural is nou nie soos wat ons Suid Afrikaners gewoond is nie, rural kan binne 10 minute van ons wees en dit is plaasomgewing. Die area waarheen ons gery het was erg gebrand gedurende die tyd, so as jy mooi kyk rondom jou sal jy nog die effek sien. Nou in die reservaat sien jy die ongelooflike mooi groen omgewing, maar die brand effek kan jy nog by die bome sien die het erg gebrand.

Melbourne het die afgelope vier weke baie reen gehad, nou soos ons deur die reservaat ry sien jy baie stroompies wat van die berg af loop. Dit is prentjie mooi. Die reuke binne in die reservaat is heerlik vars, en Christiaan het soos 'n bobbejaan sy kop by die venster uit gesteek en die vars lug probeer proe. Ons het bo op die "summit" gestop en hier piekniek gehou. Daar is 'n uitkyk pos en daar is besluit Alex en die kinders kan maar opklim ek bly op vaste grond. Dit is seker so 4 verdiepings hoog. Die gesig van bo is ongelooflik mooi.

Hier het Alex en Christiaan terwyl hulle by die braai besig was, 'n paar Chinese tee gekom wat probeer vuur maak het met stokkies. Dit was blykbaar 'n gesig gewees om te aanskou. Later toe kom hulle daar aan met 'n hele boks vol stokkies. Wat hulle presies probeer doen het kan ons maar net imagine.




No comments:

Post a Comment