Monday, June 20, 2011

Wel die langnaweek het sy einde vinniger gesien as wat hy gekom het en so is alles weer terug na normaal in my huis.

Die eksamen is klaar en al wat voorle is die rapporte wat ons moet kry. Sal maar sien hoe dit gaan. Dis nie so maklik om in Engels skool te gaan en al die terme onder die knie te kry as jy jou hele lewe lank Afrikaans skool gegaan het nie.

Die week is die 2ling op hulle "City experience" en elke dag reis hulle met die trein in stad toe. Daar gekom dan het hulle verskillende take wat hulle kry vir die dag. Dit klink baie interresant en hopelik ontdek hulle nuwe plekke om vir ons te gaan wys in die stad.

Deel van hierdie ondervinding is om die kinders te leer hoe om die openbare vervoerstels te gebruik, om roetes uit te werk en ook die geskiedenis van die stad te ontdek.

Ons het ook ons eerste wynaand aangebied en dit was 'n groot sukses. Gelukkig het ons nerens heen gehad om te ry nie, so ons kom maar wegle aan die lekker voggies. Ongelukkig kon die gaste nie so lekker die voggies afsluk nie, tensy jy bereid is om 'n taxi te kry, hier sluit hulle jou vinnig toe en jy is jou lisensie ook sommer kwyt.

Terwyl ons so lekker kuier vind ek toe uit dat een van ons kuiergaste, Naas van Niekerk, se suster en ek saam op skool was. Ek en sy was groot pelle en ek het menigmale aant huis gekuier. Mens verloor kontak met almal so oor die jare, maar ek het al menigmale gesien hoe klein is die wereld eintlik. Telkemale sit mens verstom en luister en kom dan agter dat iemand ken altyd iemand wat jy geken het.

Die wind heul lekker hier om die hoeke en die weervoorspelling waarsku die mense oor storm sterk winde wat verwag word deur die nag. My handdoeke het vandag so vinnig droog gewaai dit was nie eens nodig om dit vinnig in die tuimeldroeer te sit nie. Partykeer het die winter sy voordele ook.

Lekker aand tot volgende keer.

No comments:

Post a Comment