Wednesday, June 8, 2011

Queens Birthday Weekend 2011

Die snerpende koue het sy klou om ons kom draai en mensig sukkel jy om warm te word. Die herfs kleure is meestal weg maar Melbourne lyk nog groen. Ons almal lyk so Mitchelin mannetjies sodra ons uit die karre klim. Dit is maar lekker koud hier by ons.

Die kinders is oppad na SYG (State Youth Games) die naweek. Alex en ek gaan bietjie alleen tyd met mekaar spandeer want in al die gejaag elke dag verloor ons maar bietjie intimiteit. Ons gaan net sommer lekker kuier met mekaar en die stad weer deurstap om te sien wat bied Melbourne die mense.

SYG is 'n aksie belaaide christelike kamp wat regoor Australia plaasvind oor die Queensbirthday naweek, gewoonlik in Junie. Dit word gereel deur Youth Vision Victoria en al die aktiwiteite word in goeie gees en met baie pret aangebied. Kerke regoor Victoria gaan by Warragul kamp (vrek koud daar)en die kinders gaan aan verskillende sportsoorte deelneem. Saam met die sport het die tieners nog laatnag pret met musiek en dans. Daar gaan meer as 3 000 kinders wees wat saam kamp en gewoonlik is dit groot pret vir almal (behalwe as jy die ouers is wat die modder gemors moet skoonmaak na die naweek).

Gaan kyk hier (http://stateyouthgames.com/vic/?page_id=9)na al die foto's om te sien al die pret wat voorle vir die kinders.

No comments:

Post a Comment