Wednesday, June 15, 2011

Afrikaner

'n Vriendin het hierdie e-pos vandag vir my gestuur, ek het probeer om dit na te volg en te sien vanwaar dateer dit en in watter konteks was die vraag.

Daar was al redelike gesprekke rondom hierdie stuk en een ding wat ek mee saamstem in al die kommentaar op dit is, die Afrikaner wat hier beskryf word is nie meer die Afrikaner van vandag nie. Ek dink nie ons baklei meer so hard om bo uit te kom nie, dit is makliker om liewers in die agtergrond te verdwyn.

As mens elke dag die Beeld lees en sien hoe die moord en diefstal nog hoogty vier in Suid Afrika en hoe almal dit maar aanvaar dan voel dit of jy die mense kan wakker skud. Dit mag dalk makliker wees om van die kant jou stem hard te maak en dan uit te wys wat verkeerd is en uitgejou te word as 'n verraaier, maar sien die mense nie die totale verval raak nie.

Wie weet wat die toekoms mag inhou, dalk net dalk mag daar hier in ons nuwe land iemand sterk genoeg wees, soos die Delarey van ouds, wat die nood sien en die uitkoms wees vir al die duisende Afrikaners wat die leiding nodig het.

Baie van ons het miskien die Afrika stof van ons skoene afgeskud, maar in hart en siel bly ons nog Afrikaners.


Prof Coetzee se antwoord oor waarom die Afrikaner bo uitkom :

Baie mense beskou blykbaar diefstal en roof as heel aanvaarbaar, jy moet
net beweer jy was daartoe gedryf deur honger, gebrek, apartheid of die
waan dat jou oer-voorouers onderdruk was..
Laat ons dus maar vandag oor 'n paar sake reguit praat:

'n Mens steel nie omdat jy honger of arm is nie - jy steel omdat jy skelm is.
Niemand was nog ooit in hierdie land so volledig onderdruk soos die
Afrikaner na die Tweede Vryheidsoorlog nie.

Ons voorouers wat die oorlog en die konsentrasiekampe oorleef het, het na
die doodse leegheid van vernietigde plase teruggekeer - uitgehonger,
hartseer en verpletter. Maar hulle het nie geroof en gemoor en gesteel
nie. Hulle het met harde werk, deursettingsvermoë en swaarkry so presteer
dat hulle weldra nie net hulleself nie, maar ook hulle huidige
onderdukkers, goed kon versorg.

Toe hulle kinders in Engelse skole gestop is en gestraf is as hulle dit
durf waag het om Afrikaans te praat, het hulle nie klippe gegooi en skole
afgebrand en geweld gepleeg nie.
Hulle het hard geleer, hulle eie CVO -skole gestig en uiteindelik bo
uitgekom sodat die Afrikaner vandag vir niemand op akademiese,
tegnologiese of wetenskaplike gebied terug hoef te staan nie.

'n Mens moor nie omdat jy voorheen benadeel is of omdat jou werkgewer jou
nie tederlik genoeg behandel nie - 'n mens moor omdat jy 'n barbaar is wat
nie verdien om deel van die samelewing te wees nie.

Na die Tweede Vryheidsoorlog het Afrikanermynwerkers absoluut geen regte
gehad nie en moes hulle hulle gesinne met minder as 'n hongerloon probeer
onderhou. Maar hulle het nie bejaardes gaan doodmartel en gesinne
uitgemoor nie.

'n Mens word nie 'n agtergeblewene omdat iemand anders nie genoeg vir jou
doen nie. 'n Mens word 'n agterblyer omdat jy nie presteer nie. Niemand
het die Afrikaner na die Tweede Vryheidsoorlog vooruit gehelp nie - ons
het self gewerk en volhard om sukses te behaal.

En elke ding wat ons het, het ons verwerf.

As alles altyd vir jou verkeerd loop sodat jy voel jy maak nooit enige
vordering nie, is dit dalk 'n goeie gedagte om op te hou soek wie anders
as jy self vir al jou ellende verantwoordelik is. Ruk jou reg en presteer
jouself in die voorspoed in.

En dit geld vir ons eie mense ook. Net ons eie werk, prestasie en geloof
gaan bepaal of ons as agterblyers in die vergetelheid gaan wegsink en of
ons weer as trotse, beskaafde, gerespekteerde volk sal opstaan.

Selfs in die nuwe Suid-Afrika is daar steeds geleenthede vir vindingryke,
geesdriftige mense wat bereid is om hard te werk en vir hulleself 'n
toekoms los te spook.

Mag die Afrikaner nooit pateties raak nie ....

No comments:

Post a Comment