Saturday, January 8, 2011

Waterpark Geelong











Dit begin nou soos somer voel hier in Melbourne en wat 'n lekker gevoel is dit. Ons het besluit om vir die dag na Geelong se waterpark te gaan. Dit was heerlik, nou nie dat dit enigsins by Goldreef City, UShaka of Sun City se parke kan meeding nie, (was nog nie in Queensland se parke nie) maar nog steeds genotvol genoeg om die hele dag daar deur te bring met die tieners van my. Ons verwysingsraam werk moet nog verbreed word na alles wat hier te bied is.

Daar was so 'n magdom van mense met hulle kleine kinders dat mens naderhand gevoel het dit raak te erg. Ons is nie meer gewoond aan die vloermoer, skreeu tot die longe platval gewoontes nie, mensig mens voel jy wil partykeer net inklim en die kind met 'n plathand 'n oorveeg gee op die boud.

Hier net soos op baie ander plekke in die wereld soek die mense iets waarmee hulle hulself kan besig hou.

Die park sorg vir genoeg sitplek met bankies en tafels oor die park heen asook braai geriewe wat gehuur kan word teen 'n fooi. Jy kan jou eie eet en drinkgoed saambring en daar is ook wegneem etes beskikbaar vir die wat nie 'n piekniek mandjie gepak het nie. Selfs deur die skadunet wat oor die piekniek areas gespan is kan jy die son voel bak. Ons is seker die son is meer intens as wat ons Afrika son is, dalk verbeel ek my dit, maar dit voel so.

Ons het nog vier weke van skoolvakansie en om die klompie besig te hou moet ons maar nog bietjie gaan EXPLORE oor wat hier is.

No comments:

Post a Comment