Wednesday, January 26, 2011

Australian Day




Vandag, 26 Januarie is Australian day. Die tradisie om hierdie dag te vier het in die 19de eeu sy kop uitgesteek in Sydney. Hierdie dag in 1788 het die eerste elf skepe vol kriminele van Engeland Sydney Cove binnegevaar en die Union Jack is gehys om die okkupasie te simboliseer. Tipies maar soos in Suid Afrika het die klomp Britte 'n land oorgeneem en hier in Australia het hy al sy kriminele kom dump. Die eerste ou wat sy voet aan land gesit het hier in NSW was Captain James Cook op 22 Augustus 1770, hy het in April in Botany Bay aanwal gekom alvorens hy na NSW gevaar het.

Net soos in Suid Afrika het die setlers die land binnegekom, van die mense wat hierna toe gekom het was familie lede van die kriminele. Die ouens het begin om die land stuk vir stuk oor te neem en sodoende die Aboriginals uit hulle gemeenskappe te dryf. Nou nie veel verskillend van ons eie land nie sou ek dink.

Hierdie hele tradisie om die dag te herdenk het die Aboriginals nogal lekker dwars in die krop gesteek, vir hulle het dit 'n dag van rou gesimboliseer. Baie wit Australianers het gedink of aangeneem die Aboriginal ras is besig om uit te sterf en het nie veel omgegee oor die mense nie, meeste wittes het in die stede gebly en nie die agteruitgang en armoede gesien wat die Aboriginals in die gesig staar nie. Dan wil die ouens se ons is rassiste, dit laat mens wonder.

Op 'n stadium het die staat 'n sensus gehou onder so 10 000 mense en die vraag wat hule gevra het is:- "What does truly Australia mean".
Wel 60% het gedink jy moet in Australia gebore wees om "truly Australian" te wees, 'n verdere 40% het dink jy moet Ozzie nasate he om "truly Australian" te wees. Hierdie denkwyse het dan gewys dat 40% van Australianers dan glad nie "truly Australian" kan wees nie aangesien baie se ouers immigrante is en baie van hulle nie self in Australia gebore is nie.

So wat beteken Australian Day dan eintlik, vir die Aboriginals is dit 'n dag van rou, vir die wittes is dit die Britse okkupasie.

Vir my persoonlik beteken dit 'n nuwe begin, wie weet wat die toekoms vir ons almal inhou.

No comments:

Post a Comment