Sunday, January 30, 2011



Die afgelope week was die laaste gedeelte van die skoolvakansie vir my kinders gewees en mensig sien ek uit na die stilte weer. Die agt weke van skoolvakansie was nou net 'n bietjie te lank gewees vir my en naturlik my gesondheid. Dis nie maklik om vier tieners gelukkig te hou met alles wat hulle wil doen nie. 'n Paar van ons mammas gaan 'n lekker "cellebration" ontbyt hou om die geleentheid te vier.


'n Klompie van ons het besluit om Saterdag lekker te gaan uitstpan by Mordialoc strand vir die dag. Dit was natuurlik 'n heerlike warm dag en die strand waar ons gaan swem het is 'n mooi lang uitgerekte strand. Die plekkie is seker so 'n halfuur se ry met die snelweg langs.

Die kinders het dit natuurlik baie geniet want daar is 'n pier waarvan af hulle kan spring in die see in. Daar was seker 'n goeie twintig plus kinders wat daar rond geswem het, dit het behoorlik soos 'n familie saamtrek gevoel. Natuurlik was van die nefies en niggies daar wat jy nie noodwendig sou opsoek nie, maar jy het maar gesmile en net verder gekuier met die res.

Die strandgebied is lekker om by uit te span, daar is 'n jetty waar jy jou boot of jetski vanaf kan loots. Daar is heerlike BBQ fasiliteite met afdakke waar mens heerik kan kuier, asook 'n speelpark vir die kleiner kinders wat nie heeltyd by die strand wil wees nie. Soos dit maar is in 'n baai is daar nie veel golwe nie so die kinders kon lekker baljaar in die water. 'n Paar manne het gaan duik en van die ander het 'n bietjie gaan snorkel, dit sal nou maak dat ek elke keer saam die piekniek mandtjie die snorkel sak ook vat.

Op die sport front was dit 'n baie besige naweek gewees. Dit was natuurlik die finale vir die mans en vrou Australiese Ope, en was die vroue spel nou nie 'n riller gewees nie. Die Rebels het teen Fiji gespeel en gewen, dis nou ons nuwe Super 15 span, of soos die manne se behalwe as die Blou Bulle teen hulle speel. Die mans tennis is nog aan maar soos dinge lyk gaan Murray nie die mas opkom in hierdie een nie.

Die kinders het in alle erns begin werk soek, natuurlik moes ek eers bietjie vuur onder hulle maak, maar hopelik sal hulle 'n werkie he voor die volgende skool vakansie. Dit is die doelwit, hoe realisties dit gaan wees sal ons nog sien. Party plekke lyk meer belowend as ander, maar hulle moet maar aanhou soek tot dit realiseer.

No comments:

Post a Comment