Sunday, January 16, 2011

Mense deernis




Foto: AAP/Maranoa Regional Council
















Geen mens kan begin om vir 'n ander te beskryf hoe die totale vernietiging van die vloede in Queensland of Brisbane die mense raak sonder om nie self daar deur geraak te word nie. Die absolute hartverskeurende tonele wat oor die televisie kanale gebeeldsend word en afspeel sal enige Christen mens laat besef hoe groot is ons God. Partykeer as ek na al hierdie mense kyk wonder ek so by myself wat het God so kwaad gemaak, watter les is hier vir ons om te leer uit hierdie verwoesting van mense lewens en aardse besittings. Ja aardse besittings is maklik om te vervang, maar die mense lewens wat so drasties beinvloed word deur hierdie katostrofiese ramp en die verlies daarvan is moeilik om te gegryp.

Vanoggend sit en kyk ek weer Morning Live en ek sien hoe die mense van Australia hulle hande uitsteek na hulle mede mens. Duisende daag op by registrasie punte om te begin help met die skoonmaak proses. Ek het in my lewe nog nie so iets gesien nie. Dit is hartroerend om te sien hoe steek elkeen hand uit, vat die besem en begin skoonmaak. Huis vir huis, straat vir straat en suburb vir suburb word sistematies skoongemaak, huise word leeg gedra. Die tonele wat mens sien lyk soos 'n oorlog zone, die paaie is letterlik bestrooi van elke denkbare stukke metaal, bome en huisraad.

Dink bietjie, die van julle wat hier lees as jy so rondom jou kyk en sien wat alles daar staan, dit is alles wat vernietig is, weg gesweep is deur die vloede. Al daardie stukkies goed wat jy so met jou lewenspad al bymekaar gemaak het vir jou, al die herdenkings van plekke en mense so deur die jare wat jou pad gekruis het, dit alles is weg.

Meestal van die huise is van hout, so al die vloerborde, mure en kaste word uitgebreek en op die sypaadjie gesit vir die "hardwaste" mense om met hulle trokke te kom oplaai. Saam met dit staan die sypaadtjie vol van wasmasjiene, beddens en matrasse, elke stukkie meublement wat jy kan aandink, al die elektroniese toerusting wat in die huis was is ook verwyder.

Die elektrisiteit is tydens die vloede ook afgeskakel soos wat die elke dorpsgebied en suburb onder die water geland het. Nou is die mense besig om van huis tot huis te gaan en seker te maak al die huise se main switches is af want in vorige vloede is meer mense dood aan elektriese skokke as aan die vloedwater.

Hierdie week het ek weer 'n artikel gelees oor die Suid Afrikaanse regering wat bereid is om ander Suid Afrikaners in Brisbane by te staan, maar daar is natuurlik kondisies wat geld. Nodeloos om te se die hoeveelheid komentaar wat wat die artikel gelok het was meestal kritiek oor al die ex-pats. Dis nou mense wat besluit het om 'n beter heenkome diekant te kom soek. Die feit dat baie mense nog steeds familie aan daardie kant het, nog steeds eiendom of geld aan aardie kant het of selfs nog belasting moet betaal beteken nie veel vir die idiotiese stellings wat mense maak nie. Dan word daar met groot smaak vertel dat hulle verkies liewers elke dag se moord en roof bo enige dag se vloede diekant. Wonder net as die kans die persoon gegun word, hoe vinnig sal die bene stomp gehardloop word om diekant te land.

Nou ek verstaan daar is redelik vloed geteisterde gebiede in Suid Afrika ook, en die regering moet natuurlik sy eie mense op sy eie bodem eerste help. Die ding waaroor ek nou sit en worstel is al die mense wat so lekker negatief is oor die regering, wat so lekker met smaad na sy die ex-pats verwys, hoeveel doen jy om daardie ouens te help. Hoeveel keer het jy jou hand uitgesteek en daardie in nood gaan help sonder om eenkaar aan jouself en jou eie omstandighede te dink. Hier sien ek hoe mense in strome aankom en volunteer om ander te gaan help.

No comments:

Post a Comment