Tuesday, March 9, 2010

Skool sport

Dit was 'n tipiese wintersdag vandag, die temperatuur het nie eens die 20's geraak nie. Met die onweer en die koue het ek nie lus gehad om by die sportgronde te gaan sit en na die kinders te kyk nie. Maar soos gewoonlik het my nuuskierigheid die stryd gewen en ek is af na die sportgronde net so om die draai van die huis. Die kinders het huissport vandag gehad en dit was 'n warboel van kinders met gekleurde gesigte en hare. Die een probeer die ander oordoen met hulle funny uitrustings.

Nicolette het hoogspring, 200m, 400m, aflos en gewigstoot gedoen. Sy het 2de plek in hoogspring, 200m en gewigstoot gekry, en 'n eerste plek in 400m. Nie te sleg vir iemand wat bitterlik lanklaas haar voete op die oefen veld gesit het.

Celeste het 100m, 200m, 400m, driesprong, verspring, gewigstoot en aflos. In die gewigstoot het die tweeling die rekord gebreek met meer as 'n meter. Die onderwysers was verras oor die twee.

Clarissa het 100m, 400m, 1500m, gewigstoot en aflos gedoen. Sy het tweede plek in 100m, 400, en gewigstoot gekry. Sy was die hele dag op en af, het gelyk soos een van hierdie duracell battery mannetjies.

Christiaan het gewigstoot gedoen en mensig was dit 'n gesig gewees om te aanskou. Tipies soos dit maar is praat die kinders onder mekaar om te bepaal hoe goed of hoe sleg gaan hulle vaar teen hulle maats. Niemand het boeta geglo dat hy gemiddeld 11m en verder stoot nie, maar die resultate het hulle almal woordeloos gelaat. Boeta het met sy tipiese step gooi sonder enige moeite 11.93 gestoot, en die kinders was stil. Met sy volgende gooi toe doen hy die 2step gooi en mense hy stoot daardie bal 12.93 en daar daal 'n totale stilte op die baan neer en die volgende oomblik hoor jy net hoe cheer die kinders hom. Dit was amazing en dit was goed vir sy ego. Hy het die rekord laat spat met meer as 50cm, en ons sal maar sien of dit iewers in die toekoms gebreek sal word.

No comments:

Post a Comment