Monday, March 1, 2010

Naweek pret

Wat 'n besig naweek. Ons het van die een hoek na die ander hoek gekuier en dit was pret. Saterdag het die kinders 'n partytjie gehad by Frankston, dit is by die see, en dit is omtrent so 'n uur se ry van ons huis af. Die van julle wat my op FB het sal onthou ek het foto's op 'n stadium gelaai van Frankston en die sand kastele, Moments in Time.

Saterdagaand het die 2ling 'n ander partytjie gehad en daar was gekuier tot tienuur die aand. Hulle was lekker poegaai gewees. Dit was een van hulle Ozzie vriendinne se verjaarsdag partytjie.

Sondag het ons vroeg opgestaan, sesuur, om die trein te vang in stad toe. Vandaar het ons 'n country trein gekry na Woodend. Die koerant The Age het 'n "Harvest Festival" geborg by die Hanging Rock in Woodend. Dit is so 'n tipiese platelandse dorpie, as jy uitswaai vir 'n hoender dam mis jy dalk die dorpie, met baie karakter. Die plekke Hanging Rock is so twintig minute uit die dorp tussen plase, en as ek reg kan onthou is daar 'n perde redwen baan. Daar is nie baie op die plekkie nie in die sin van geriewe nie, maar daar is baie spasie. Hier het omtrent so 100 stalletjies hulle ware uit gestal. Meestal van die stalletjies was maar wyne van die omgewing, en is hier baie wynplase, die res was maar kosse en gebak gewees. So tussenin was daar musikante wat die mense vermaak het op die verhoog, en as jy moeg geraak het dan het jy maar op jou kombers gaan le en 'n slapie gevang.

Daar was 'n hele groot groep Suid Afrikaners wat die festival bygewoon het, en ons het met nog 'n paar nuwes kennis gemaak. Van die Ozzie ouens wou net met ons gesels om heeltyd die SA aksent te hoor. Dit klink so mooi vir hulle op die oor.

Die dag het ook maar lank geword en ons is so vieruur die middag terug na die bus sodat ons dalk kan onderhandel om 'n vroeer trein terug te kry huis toe. Gelukkig het die kondukteur nie 'n probleem gehad nie en ons is op die trein toe dit die stasie intrek. Die probleem was daar is toe nie genoeg sitplek nie en al genade was dat ons maar moes staan. Die trein was so nice binne dat ons toe besluit het om op die grond te sig, daar was matte. So het ons toe maar die uur met trein rit terug op die grond gekuier.

Dit was so lekker om terug by die huis te wees en net te gaan sit op 'n sagte stoel. Nodeloos om te noem maar ons was almal vroeg in die bed.

No comments:

Post a Comment