Sunday, March 21, 2010

Hierdie was maar 'n stil week gewees in ons huis, nie veel het aangegaan nie. Dis nog 'n week voor die skole sluit dan is dit weer 'n gesukkel om die vervelende tieners besig te hou. Ek moet nou al sit en dink wat om te doen sodat ek nie later moet hoor "ons is bored" nie. Ek het gedink ons moet na die nuwe Docklands yskaats baan gaan. Dit het nou ge-open toe die winter olimpiese spele begin het. Dit is 'n indrukwekkende plek. Dan moet ons maar weer bowling gaan doen, dalk die dieretuin gaan besoek met die nuwe baba olifant. Movies is op die agende maar sal dan na die $8 cinema moet gaan, die ander is net te duur. Sal die weer ook bietjie dophou en dalk een dag na Black Rock toe ry, blykbaar is dit 'n mooi strand.

Boeta sou die week op 'n kyak kamp gegaan het, maar op die laaste minuut is dit geskuif omrede baie kinders ander buite sport verpligtinge gehad het en dan nie die skoolkamp sou kon bywoon nie. Die gesig het boekdele gespreek toe ons die oproep agtuur die aand gekry het dat dit skuif na die begin van die volgende kwartaal. Hy het nogal daarna uitgesien om sonder sy susters te wees vir 4 dae. Wel ons het ook daarna uitgesien, maar nou ja, nou sal ons dit dalk meer geniet voor die skole oopmaak as hy weg is.

Het darem die week lekker gescrap, het drie bladsye gedoen, een dubbel en twee enkel blaaie. Ek raak toe sommer nostalgies toe ek deur die albums blaai en boeta in sy rugby klere sien, ek wou toe amper begin tjank. Mens mis die kameradie wat jy met die ander ouers opbou so deur die jare, dis nie dieselfde hierdie kant nie, dis baie onpersoonlik.

Die kinders se sosiale lewe is partykeer besiger as ons eie. Die kinders het na Ruhan Kruger se 16de verjaarsdag gegaan, hulle het darem lekker geswem en te kere gegaan, later die aand is Clarissa na 'n 13de partytjie toe en Nicolette het saam met die kereltjie gaan fliek en ietsie gaan eet by Westfield Doncaster. Ons ou mense het maar by die huis gesit en TV gekyk, kaas en beskuitjies ge-eet en daarna net op die internet gesurf. Great social lewe wat ons het.

Nou is dit tyd om uit die bed op te staan, die kinder te gaan wakker maak en ontbyt te gaan eet. Dit is al tienuur op 'n Sondag ogggend hier, gaan nie kerk toe vanoggend maar vanaand want daar is 'n Afrikaanse paasdiens by die kerk.

Lekker week almal.

No comments:

Post a Comment