Tuesday, March 30, 2010

Ses maande later

Vandag is dit ses maande wat ons hier in Melbourne is. Dit was nogal 'n hectic tyd vandat ons gehoor het ons het PR gekry. Die besluit om sommer dadelik te pak en te gaan het nogal groot omwenteling in ons lewens veroorsaak. Ons as volwassenes dink altyd die kinders sal cope, maar dis nie altyd die geval nie. Ek het gesien hoe hierdie hele kontinent skuif die kinders geaffekteer het. Die aanpassing was moeilik, maar hulle het dit gedoen. Hulle het maats gemaak (boeta het natuurlik bietjie langer gevat),skool in die Engelse taal het makliker gekom was wat ons gedink het, die kinders kry nog ESL klasse, maar ek dink dit gaan nie lank meer nodig wees nie. Hulle dink en praat omtrent net Engels en die Afrikaans gaan by die agterdeur uit.

Ons deurkruis ons nuwe omgewing omtrent elke naweek as ons die tyd kry, en dit is amazing om van die plekke te sien waarop ons afkom. Die natuurskoon is mooi en ongerep, hier sal die mense baie vinnig hulle opinies lig en petisies doen as daar gekonkel word met ontwikkelings in natuurgebiede.

Boeta se baard kom aan, en hy het besluit hy skeer nie. Ons sal maar moet sien hoe lank vat dit hom alvorens hy die skeermes nader trek. Hy het al begin groei aan die baard die week voor die skool gesluit het, duidelik is die ouens hier nie so streng, en hy wil blykbaar nie skeer tot 'n onderwyser iets se nie. Nou dit gaan baie lank vat, want hier hoef hulle nie te skeer as hulle nie wil nie. Dalk moet ek Nivea room iewers gaan kry en se dit is n nuwe tipe gesig masker, dalk nie 'n slegte plan.

Ons mis natuurlik nou die paaseiers, Beacon marshmellow eiers om presies te wees. Hier is 'n oorvloed van paaseiers, maar nie die marshmellow eiers waarvoor ons so lief is nie. Ek sal wat wil gee om nou een in my kieste in te druk en die sjokolade stukkie vir stukkie af te eet, al rondom die marshmellow. Hoe water my mnd nou.

Natuurlik is dit weer skoolvakansie, en dit voel soos gister toe die skole begin het na amper 7.5 weke se skool vakansie, en om die kinders besig is nogal 'n storie. Elke dag maak ons bietjie huis skoon, waarvoor sal ek dit nou alles alleen wil doen, en die res van die dag kan hulle hulself besig hou met iets. Vandag het hulle maats genooi om boardgames te kom speel hier by ons. Dit was nogal pret, veral as hulle 30seconds speel en daar nie meer in Afrikaans gedink kan word nie, dan moet ma maar kom uithelp.

Ons het ons eerste sessie van "Hardwaste pickup" gehad hierdie week. Dis wanneer jy die munisipaliteit bel en se dat jy gemors het om weg te gooi. Dis nou nie jou gewone huisafval of "recycle" goed soos papier ek karton bokse nie. Dis nou al daardie goed wat Johannes altyd sou gevat het, die goed waaroor jy nie meer 'n nut het nie. Wel hier is nou nie 'n Johannes nie so jy moet dit maar op die sypaadtjie sit vir 'n "collection". Ek en Christiaan het dit uitgepak, al die gebreekte stoele, lampe en tafels wat Elliott se mense so mooi verpak het. Toe Alex by die huis kom Maandag aand wou hy sy kop in 'n blik druk so skaam het hy gekry oor die gemors wat nou so opdie sypaadtjie staan. Gelukkig vir hom het hulle Dinsdag oggend vroeg gekom om dit te verwyder, nou kan hy weer sy gesig buite wys. Hierdie ouens is gerat vir sulke goed, dit was 2 lorries wat hier aangekom het. Een is soos 'n aslorrie en die ander een 'n trokkie. In die aslorrie gooi hulle al die gemors, in die lorrie gaan die groot goed soos die beddens, tv's, yskaste ens. Die groot bulky goed wat jy nie sommer sal "crush" nie. Die twee manne was minder as vyf minute besig en toe weer oppad na die volgende punt. Elke blyplek kry twee sulke "pickups" 'n jaar, en dis nou die terrein waar die scavengers uit kom en hulle huise weer vol maak. Die gesegde is mos iets van 'n anderman se gemors is jou fonds of so iets.

No comments:

Post a Comment