Thursday, April 14, 2011

Leer proses

Dis altyd baie interresant om ander Suid Afrikaners te ontmoet en na hulle redes te luister oor hoekom hulle nou eintlik hier sit in Australia. Baie keer kan mens die rassistiese ondertone net net hoor en ander kere is dit onverbloem en die giftigheid daarvan kan mens nogal laat terug deins. Ons almal kom met bagasie hieraan, moenie dink dit gaan verdwyn as jy eers hier is nie, dit trek saam

Ek dink daar is min wat onaangeraak is deur BEE en werksituasies of wat slagoffers is van kriminele situasies en nou hier sit, maar is dit regtig geregverdig om na soveel jare uit die land nog soveel rou emosies te toon, met die tipe mentaliteit sal hulle nooit kan aanbeweeg nie en sal hulle die mooi in die land nie ervaar nie. Iewers moet vergifnis in jouself plaasvind.

In die loop van ons 18 maande hier in Melbourne het ons al met talle mense te doen gekry, en wat my elke keer opval is hoe die mense 'n mens net kan afstoot deur hulle snyende en ondeurdinke verbale diaree oor Suid Afrika. Jy wil half se "Hey ouens, bou 'n brug en kom oor dit" (Twyfel of hulle dit ooit sal hoor)

Baie keer is die mense al 'n redelike tydjie uit die land, baie het al via ander lande hulle hier kom vestig maar die negatiewiteit kry mens sommer net onder.

Ek het al 'n vorige keer gepraat oor hoe die klomp hier 'n mengelmoes van mense is en hoe ons saamgegooi is deur die sameloop van die samelewing. Die ouens begin mens se familie word, dit is die mense op wie jy begin staat maak as iets fout gaan. Dit is die ouens met wie jy sal gesels as dinge druk en die verlange te veel word, maar dit is ook mense by wie jy nie elke dag sal kuier tot die son opkom nie. Dit is soos jou broers en susters, jou ooms en tannies, neef en niggie. By party voel jy welkom en gemaklik, by ander bly jy liewerste ver weg want dit is daardie mense wat jou tap tot dat jy niks meer het nie. Dis die mense wat ook nooit "gesettle" kan kom nie. Hier is nou al 'n handvol van hulle waarmee ons al kennis gemaak het, en al wat ek wil doen is om hulle wakker te skud.

Ek is en sal seker altyd 'n trotse Afrikaanse Suid Afrikaner wees, die op offering wat ek maak om hier te sit is veel meer werd as die sogenaamde vriendskape baie dankie.

Na ek hierdie post gisteraand geskryf het kom sit my 16 jarige seun vanoggend in my bed en wys my iets wat hy gisteraand na geluister het. Hy het later haar ook gaan google. Die persoon is Florence Littauer. Partykeer verras mens se kinders jou deur hulle insig en wat hulle interresant vind. En partykeer weet jy net dat jy op die regte pad is met jou kinders, dit mag dalk nie altyd inpas met ander mense se sieninge nie. Die lessie wat ek vanoggend leer by my seun is baie waardevol. Ek gaan probeer om minder krities te wees oor ander.

Ek los julle met die bybel vers wat hy vir my gewys het.

Ef 4:29

"Laat geen vuil woord uit julle mond uitgaan nie, maar net 'n woord wat goed is vir die nodige stigting, sodat dit genade kan gee aan die wat dit hoor."

No comments:

Post a Comment