Saturday, September 18, 2010

Trots Afrikaans

Ek gaan nou eers 'n bietjie keel af gaan hier, dit is maar net om my kop skoon te maak want as ek dit nie doen nie sal ek dalk net iemand te lyf gaan. Dit mag dalk op 'n "catfight" afloop en ons vermy dit liewerste. Ek sal nie graag met die "coppers" deurmekaar wil raak hier nie.

Ek is Afrikaans, ek is baie trots daarop om Afrikaans te wees, so wat de moer is die probleem om dan Afrikaans te praat. As jy dan so hard probeer om jou identiteit te verloor is dit jou probleem maar verdomp vroumens praat met my Afrikaans. Dit is my moerdertaal, dit is wat ek verstaan en waarmee ek groot geword het.

Hier is soveel Suid Afrikaners hier in Australia wat alles en almal wil afskryf. Jou eie land en identiteit probeer jy wegwens en afmaak vir alles wat sleg is, maar julle is vinnig om te vergeet dat daardie agtergrond wat julle so hard probeer vanaf wegvlug is wat julle gevorm het. Jou hele lewe is gevorm om wat jy daar geleer en ervaar het, dit help nie jy probeer daarvan wegkom nie.

Dis nie dat ek sien julle probeer eers hierdie land aanvaar nie, julle "rant en rave" net so erg oor die Ozzies, julle is nog steeds nie gesettle in julle lewe na soveel jaar hier nie, Magtag mens word groot.
Die lewe is te kort om met sulke Kak op geskeep te sit.

2 comments:

  1. This comment has been removed by the author.

    ReplyDelete
  2. Ek stem. Ons wat met ons familie Afrikaans praat is meertalig. Ons is praat baie Engels, maar ons het 'n voordeel bo die' wat NET kan Engels praat. Ons HET ten minste 'n kultuur.

    ReplyDelete