Sunday, September 5, 2010

Die wipplank parlement

Ons het vreeslike erections gehad hier doer Onner so 'n week of twee terug, en nou het die mense so verwoedelik gestem dat gin hond, kind of kraai weet wie’t gewen nie. Dit lyk ook nie of enige iemand binnekort sal weet nie want nou begin die sports in alle erns.

Mensig dis darem soveel anders as dit wat ons gewoond aan is. Daar in die wonderlike SA weet ons hoeka lank voor die tyd wie gaan wen – al wat ons nie weet nie, is die persentasie meerderheid wat die comrades hierdie keer gaan he.
Viva!
Hierdie eerste-wêreld landjies weet nie hoe om met die stembokse te kroek nie, hulle merk nie eens jou vinger met daardie bleddie ink wat dae vat om af te kom nie. Hulle vertrou dat jy nie gaan kroek nie en dat jy slegs eenkeer gestem het. Sulke naiwiteit sal jy nie in SA kry nie, verseker nie. Die stembokse sal eerder wegraak.

Die twee hoofpartye hier (dis nou die Labour en die Liberal)het nou altwee ewe min stemme gekry, en nou sit daar ‘n klomp manne wat hulself die independents (sommer clowns in my boeke) noem. Hulle behoort aan geen party nie – hulle is seker die eerlikste van al die politici, maar aan die ander kant seker die moeilikste klomp bliksems wat jy kan kry. Die klomp gaan nou bepaal wie die land gaan regeer. Gaan dit nou die rooikop merrie met die skerp neus wees, of mister Rabbit? Net hulle weet. 14 miljoen mense het gestem, en op die ou end sit 4 of 5 manne met al die stemme in hulle jeukerige hande.

Dis omtrent erger as reality TV. Op Survivor, of Big bratha, of Biggest Looser kan jou pelle jou mos sommer van die eiland af stem as jy nie genoeg by almal gatgekruip het nie. Hierdie paar manne kan nou sommer die hele parlement aanmekaar slaan. Hulle is ewe skielik baie gewild.

Hulle kry daagliks duisende oproepe, emails, en sekerlik ‘n paar Wilson toffies en ‘n ou stokkie-lekkertjie onder die tafel deur. Dis nou die manne se week of fame. Die dag as hulle die besluit gemaak het is hulle weer ou nuus, en die Rooigevaar antie of Oom Rabbit vat die leisels en beur vorentoe.

Mense, hierdie democracy affêre is ‘n ding om te aanskou.

Die beste van hierdie hele spektakel was hoe die partye mekaar aanvat, hulle is almal sulke "polite" poephole en wanneer daar 'n hou na die opisie gaan dan doen hulle dit met flair. Partykeer voel dit jy wil die ouens aan die strot gryp en 'n bietjie sense inslaan, maar dit sal dalk as agresie gesien word. Hier raak die mense nie agresief wanneer dit by politiek kom nie, hulle raak net "polite".

No comments:

Post a Comment