Sunday, July 4, 2010

Afrika tyd versus OZ tyd

So kom alle goeie en natuurlik lekker dinge ook maar altyd tot ‘n einde. Hierdie afgelope naweek was ons na die Grampians om bietjie te gaan ontspan. Die Grampians hier is soos die Drakensberge in Suid Afrika. Baie mooi en natuurlike baie koud.

Die naweek het maar nat begin, maar gelukkig weet ons teen die tyd dat jy pak maar altyd ekstra warm goed in want jy weet nooit. Die plekkie waar ons oorgebly het is aan die suidelik kant van die Grampians. Wat so interresant was terwyl ons gery het is die dorpies waardeur ons is, hoe verder ons ry hoe kleiner is die dorpies. Op die een plekkie waar ons toe gestop het is die pupulasie maar 100, die winkeltjie is die plaaslike “take away”, poskantoor, Medicare en Centre link, en DVD winkel. Jou alles in een winkel. Daar was ander dorpies wat nog kleiner is op ons pad, en nog voor jy dit besef het is jy deur die dorp, met slegs ‘n gehuggie en pleknaam as aanduiding van ‘n dorp. Ek wonder partykeer hoe oorleef die mense dit so op die platteland.

Die dorp naaste aan ons by die Grampians is Balmoral. Nou die plekkie is nie veel verskillende van die ander dorpies waar ons al gestop het nie, maar hy sal beslis die een wees wat altyd in ons kop sal vas sit. Ons het besluit om Saterdagaand in die dorp te gaan eet, en sodoende het die ouens plek bespreek by die hotel, die enigste een natuurlik op die dorp. Nou picture dit, dis ‘n tipiese ou hotel dateer seker so uit die vroee 1900’s en jy kan die laslappie werk sien wat so deur die jare gedoen is, maar dis die dorps se kuier plekkie die. Dis nie net die dorps se kuier plekkie nie, dis sommer ook die local “drive thru” bottle stoor. So elke keer wat jy by die kroeg staan en iets bestel en nog dink jy wil betaal hardloop die barman gou uit om die “drive thru” klient te gaan bedien, dan is jy eers weer aan die beurt. Sonder om veel hieroor uit te brei kan julle julself nou indink hoe lank die bestelling van 23 mense gevat het. Dit was LANK.

Omtrent al die eetplekke werk so dat jy bestel jou kos by die kasiere, jy betaal en kry dan ‘n tafel nommer. Jy kry vir jou ‘n ou sitplekkie en wag dan vir jou kos, en gewoonlik verloop dinge redelik vlot en vinnig. Dis ‘n bietjie van ‘n aanpassing, maar dit werk. Wel blykbaar werk dit in die hotel toe ook so, eers was dit die drinkgoed se bestellings wat bietjie lank geneem het, en toe besef ons maar dis nie net sit by die tafel in die hotel nie, nee jy moet by die bar jou kos ook bestel. Gelukkig kry ons ‘n menu of twee en werk die ding sommer so vinnig deur. Dit was nou weer ‘n proses om die kos bestellings geplaas te kry, maar ons is rustig. Nou laat ek net ook dit sommer noem, ons was so sesuur by die hotel en aandete word slegs bedien tussen 6 en half nege. Iemand het dit blykbaar nie vir die kombuis genoem nie, maar dis ok.

Na ‘n uur en ‘n half daag die eerste 3 se borde kos op, ons almal wag toe in spanning vir die res. Die kos het almal in sarsies van drie of so opgedaag, met tussen poses van tien minute tot ‘n driekwart uur. Ons het naderhand weddenskappe begin neem oor hoe vinnig ons gedink het die volgende ou se kos sou neem en wat dalk volgende sal uitkom. Ons het selfs al begin dink om ‘n game darts te begin speel want ons het baie tyd gehad so tussen die bedieninge van die kos. Dit het presies drie ure geneem vandat die eerste ou sy kos gekry het tot die laaste ou sy kos gekry het, en met elke bediening het ons naderhand die ouens maar begin aan gecheer want dit was ‘n prestasie as die kos uit die kombuis gekom het. Ek moet bysê, die kos was alles vars gemaak en niks reeds voorbereide kosse gewees nie. Dalk was die groente en skyfies dalk geskil gewees, maar selfs dit kan ons oor debateer.

Ons het later aan begin dink dalk moet ons dit maar opgee en vra vir ‘n take away wat ons die volgende oggend sal kom afhaal want dalk en net dalk sal ons betyds daarvoor wees. Niemand was bereid om ‘n koffie bestelling te plaas nie want ons was seker dat indien een ou ‘n bestelling plaas en ‘n ander ou ry terug na die kamp plek dit ‘n absoluut no brainer sal wees oor wie eerste koffie sal kry. Hier het ons gesien dat Afrika tyd kom nie naby Oz tyd nie.

No comments:

Post a Comment