Saturday, July 17, 2010

"HARD LABOUR"

Vandag was nou een van daardie dae waar jy jouself omtrent letterlik oor ‘n mik gewerk het, jy is skoon moeg en uitgeput na so ‘n lang dag. Al waarna jy nou verlang is om ‘n lekker warm stomende borrel bad te gaan neem. Nie dat dit nou vir my beskore is nie want ek het nie ‘n bad in my badkamer. Hopelik een van die dae dan sal ek ook so ‘n luuksheid hê.

My vriendin Anli-hulle het getrek van hulle kleine en beknopte tuinhuisie na ‘n lekker groot huis met ‘n tuin. Dit was ook nou nie moontlik om ‘n ou Jonas of Elias nader te geroep het om te kom help met die getrekkery nie, nee wat daar was eerder geroep na ‘n Alex en Johan. ‘n Groot trokkie is gehuur vir die dag en van die manne het vroeg uit die vere gespring om te gaan help. Die hele huis is omtrent getrek en nou word daar gewag vir “Two men and a Truck” om die groot goed soos die beddens, kaste, tafels en sitkamer stelle te trek. Ons is te oud om die goed te doen, en Elias en Jonas is nie hier, so dan huur jy mense om die vir jou te doen. Hulle het die regte “toerusting” en weet ook hoe om dit reg te “dra”.

Ons vrouens het na die nuwe huis gegaan en die kombuis begin skoonmaak. Ek wil dit net weereens noem dat hier is verskillende vlakke van skoonmaak in Australia. Daar is ‘n spreekwoord wat so gaan “Bo blink maar onder stink” en dit is hoe die mense hier skoonmaak. Alles lyk netjies tot jy die kaste en laaie begin skoonmaak, mensig maar die mense het net absoluut geen benul wat dit beteken om ‘n huis skoon en netjies af te gee nie. Ai, ek skud maar my kop, en is dan maar dankbaar my Ma kon my wys hoe om behoorlik ‘n huis skoon te maak. Hopelik sal my kinders ook eendag dankbaar wees angesien hulle hier onder my ook maar hel het.

Hier leer ons weer om mense te waardeer en dankbaar te wees vir die vriendskappe wat ons sluit. Ons kan met ‘n rustige hart weet dat as iets ooit moet skeef loop die ander een daar sal wees om te help. Ons het hierdie tipe vriendskappe begin verloor in Suid Afrika, nie doelbewustelik dink ek nie, dis maar die manier hoe ons begin leef het. Elkeen vir homself en die duiwel vir almal

No comments:

Post a Comment